September is Erfenis maand en Erfenisdag is op 24 September gevier. Die maand tot dusver is een van opwinding en deurbrake wat die AHI op ‘n stewiger pad plaas.
Hiermee van die hoogepunte:
Wonderlike besoek aan Hoedspruit. Die Sakekamer voorsitter op Hoedspruit is Patrick Jordan ‘n jongman van 32! Ek is hoogs beïndruk met sy dryf en energie. Die dag is gevier met ‘n braai en kos kompetisie, danse en ‘n slanghanterings vertoning. Een van die inisiatiewe na my besoek is om te sien hoe ons die Laeveld en Kruger Wildtuin met Kaapstad toerisme kan verbind vir ‘n beter toerisme aanbieiding. Wat ‘n opwindende gedagte!
2. Hoogs suksesvolle AHI Wes-Kaap Kongres. Op Vrydag 23 September is die AHI Wes-Kaap Kongres net buite die Paarl gehou op die pragtige landgoed Rhebokskloof. ABSA, Nedbank, Standard Bank en Old Mutual, die Wes-Kaapse Regering asook al die ander Sakekamer afgevaardigdes was teenwoordig. Die Kongres was hoogs suksesvol en ‘n nuwe bestuur is verkies onder voorsitterskap van Dr Willie Cilliers van George. Prof Tommy du Plessis, voormalige AHI President het ‘n aanbieding gedoen oor ‘n suksesvolle sakekamer model. Dit was heerlik om te sien hoe almal flink en entoesiasties deelneem. En, ons was agterna baie wyser. Die hoofspreker was Dr Johan van Deventer deel van die Shoprite Groep. Hy het ‘n hoogs insiggewende voorlegging gemaak oor hoe om besigheid in moeilike tye te doen. Sy wenke en advies was uitstekend!
3. Betekenisvolle ontmoeting met Sanlam voorsitter. Op Donderdag 22 Septemer is hoogsbetekenisvolle gesprek met Desmond Smith, die Sanlam voorsitter in Bellville gehou. Sanlam is ‘n stigterslid van die AHI en gee steeds volgehoue steun aan die AHI. Na die gesprek is Sanlam se verbintenis tot die AHI nog sterker.
4. Baie belowende ontmoeting met Andrew Golding. Die Pam Golding Groep gaan binnekort by die AHI as lid aansluit. Die gesprek met Andrew Golding op 22 September was gemik op hul moontlke rol in die AHI aksie om te help om titelakte aan mense in ons land te laat kry wat tans nie titelakte het nie. Dit kan ‘n baie groot inspuiting vir ons land se ekonomie wees indien dit suksesvol met ander rolspelers saam gedoen kan word.
5. MOU met die Staat Georgia. Op 27 September het die AHI en die Georgia Business Chamber hier in Suid-Afrika formeel ‘n MOU onderteken. Ambassadeur Dvali en Marius Heynes het by die AHI kantoor besoek afgelê. Die MOU het ten doel om sakegeleenthede vir beide AHI lede en Georgia sakelui te ontsluit.
6. AHI Nasionale Konferensie 2016. Alles is feitlik in plek vir die AHI Nasionale Konferensie op 20 Oktober te Leriba Lodge in Centurion. Ons sien uit na ‘n opwindende en waterskeidendende byeenkoms. Ons versoek sakekemers en lede om vroegtydig te registreer vir hierdie groot geleentheid om te netwerk, jongste inligting te bekom en te demonstreer dat die AHI ‘n nog groter rol in die ekonomie van die ons land gaan speel.
“Saam Skep ons Volhoubare Welvaart” is die AHI leuse en ons maak dit nou ‘n groter werklikheid.
Klik hiervir die AHI Nasionale Konferensie 2016 uitnodiging.
7. Suksesstories vir Rapport. Ons het suksesvol met Rapport onderhandel om suksesstories van AHI lede en sakekamers te plaas. Stuur asseblief hierdie stories aan my PA Amarna de Beer byamarnad@ahi.co.za.
Kom ons inspireer ons mede AHI lede en ons landgenote met wat ons vermag al is dit onder moeilike omstandighede. Dankie by voorbaat vir almal wat positief hierop reageer. Op dié manier help ons om nuwe hoop aan ander te gee!