
Daar heers groot opgewondenheid oor 'n unieke ontwikkeling in Stilbaai-Oos, waar 'n Privaat Hospitaal tans gebou word wat 'n omvattende gesondheidsdiens sal lewer en maak voorsiening vir verskeie mediese dissiplines wat aangebied sal word . Die ontwikkeling bestaan verder ook uit 220 residensiële erwe, 'n Leefstyl sentrum met ontspanningsgeriewe, 'n mini mall & 92 woonstel-eenhede.
Die Stilbaai Duine Ontwikkeling & Stilbaai Privaat Hospitaal is 'n Vyfster-ontwikkeling wat toegangklik is vir almal in die Tuinroete, Suid Afrika asook die res van die wêreld. Hoë-gehalte diens,gekwalifiseerde- en professioneel opgeleide personeel, asook moderne tegnologie sal 'n aangename ondervinding by die fasiliteit verseker. Stefan Wiese is reeds vanaf 1 Junie 2014, aangestel as die Hospitaalbestuurder.
In die meesterplan van die hospitaal word daar voorsiening gemaak vir die volgende :
ü Ongevalle eenheid
ü 40 Beddens (Dag, Oornag & Hoësorg)
ü 2 Teaters
ü Radiologie eenheid
ü Dokter spreekkamers
ü Apteek
ü Ambulans
ü Dialiese eenheid
ü Mini Rehabilitasie
Die moderne uitleg en uitstekende ligging van die ontwikkeling sal ook die invloei van mense na Stilbaai bewerkstellig, eerder as die tradisionele uitvloei as gevolg van die gebrek aan top gehalte mediese ondersteuning, sowel as die besonderse rustige- en natuurlike omgewing wat spoedige herstel aanmoedig. Die onbelemmerde see-uitsig vanuit al die kamers in die hospitaal maak dit 'n onbeskryflike ervaring. Hierdie is 'n eiesoortige fasiliteit wat kwaliteit van lewe, sowel as funksionaliteit bied aan enige persoon wat hierdie hul nuwe bestemming wil maak.
'n Enorme projek soos hierdie, verleen 'n onmiddelike en massiewe bydrae tot die ekonomie van die Hessequa streek en sal van onskatbare waarde wees vir die huidige gemeenskap, toerisme en voornemende beleggers.
Verder word daar ook begin met die totale opgradering van die indraai-pad (R305) vanaf die N2 hoofroete na Stilbaai, in 2015, wat weer op die beurt die dorp en die hospitaal meer gerieflik bereikbaar sal maak.
Die hospitaal word bepaln om deure te open in die tweede kwartaal van 2015.
Op 18 Oktober 2014, sal Nico Viljoen, die ateljeegas wees van die bekende ekonoom, Dawie Roodt op die program Ontbytsake om 07h30, (KykNet, DSTV kanaal 144), om meer inligting oor diè onvangryke projek te verskaf. Daar sal ook heruitsendings van die program wees op Sondag 19 Oktober tussen 7:30 en 9:00, Dinsdag 21 Oktober en Donderdag 23 Oktober tussen 13:00 en 14:00.
Kontak gerus vir Nico Viljoen sou daar enige navrae wees.
Sel 082 820 4366
nico@stilbaaidunes.com
www.stilbaaidunes.com

Nico Viljoen
Besturende Direkteur
Stilbaai Hospitaal (Edms) Bpk &
Hessequa Mediese Sentrum (Edms) Bpk
Tel : 028 754 1515 / 1550
Faks : 086 270 0656
Sel : 082 820 4366
E-Pos : nico@stilbaaidunes.com - persoonlik
E-Pos : properties@stilbaaidunes.com - kantoor
Webtuiste : www.stilbaaidunes.com
