Friday, March 27, 2015
Wednesday, March 25, 2015
FW: Huis Jabes en Durbanville Besigheid Gala Dinee
Beste Huis Jabes-ondersteuner
Dit is vir ons ’n voorreg om vanjaar weer ’n dinee aan te bied in samewerking met Durbanville Besigheid – ’n geleentheid waartydens die Sakeleier van die jaar ook bekend gemaak sal word.
Dié keer het ons egter ’n baie spesifieke doel voor oë. Huis Jabes is reeds sewe jaar oud en kon al aan honderde slagoffers van gesinsgeweld uitkoms bied. Vanjaar wil ons ’n verdere mikpunt bereik deur eiendom aan te koop. Hierdie eiendom sal verseker dat Huis Jabes nog lank sal kan voortbestaan en aan nog honderde mense sal kan uitkoms bied.
Ons hoofdoel is om met die dinee ook fondse te werf om hierdie droom te bewaarheid; daarom sal u teenwoordigheid by ons spogfunksie hoog op prys gestel word. Eienaars van sakeondernemings kan weer eens kaartjies vir tien persone per tafel koop om sodoende hul mees gewaardeerde kliënte vir die aand te onthaal.
SOS Trust is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie, en u bydrae kan van belasting verhaal word.
Aangeheg is ’n uitnodiging na die funksie.
Seënwense
Adri Klindt
083 564 3313
Tuesday, March 24, 2015
Bestuurbesonderhede
Geagte Sekretarisse/voorsitters
Moet asb.nie nalaat om hierdie kantoor in kennis te stel van enige verandering op jou Bestuur nie. Almal begin nou met hul AJV en moontlik is daar veranderings. Stuur daardie besonderhede asb. So gou as moontlik aan.
Lekker dag.
Leonie Van Der Merwe
KANTOORBESTUURDER
AHI WES-KAAP
Posbus 6171, Tygerberg, 7536 Bellpark 3A, h/v Durban &
Tel: 021 823 6713 De Langestraat, Bellville, 7530
Sel: 074 960 2039 www.ahiwp.org.za
E-pos: info@ahiwp.org.za
Monday, March 16, 2015
FW: Inligting ivm aluminiumprojek
Aandag alle Sakekamers
Opwindende projek in die Aluminiumbedryf, aangebied deur Besigheidskool van Univ. Stellenbosch.
| ||||||
|
Friday, March 13, 2015
FW: Gansbaai Sakekamer - Courant berig
Aangeheg die dubbelblad berig wat later vandag in Gansbaai Courant gepubliseer sal word.
Ek moes dit net vir julle stuur - kyk net hoe julle 'n verskil aan ons gemaak het.
Ons kan net se: BAIE DANKIE !!
Mooi loop
Fanie Bothma
083 296 2676
FW: SACBW Western Cape Congress 17 March 2015
VERSION:2.1
N:Nagy;Cerita
FN:Cerita Nagy
EMAIL;PREF;INTERNET:cerita@cninteriors.co.za
REV:20150312T110406Z
END:VCARD
Alle Lede
Sien asb. Aangeheg. Die SA Sakevroue Kongres is op 17 Maart 2015 te Sanlam, Bellville. Dit is die eerste in die Wes-Kaap. Al die dinamiese Sakevrouein die Wes-Kaap kom ondersteun asb.
Hiermee die uitnodiging met al die inligting asook die besprekingsvorm. Ons kongres in Gauteng was 'n REUSE sukses en het baie positiewe terugvoer ontvang van die dames wat daar was. Ek wil so graag soveel as moontlik dames bereik hiermee in die Weskaap om ook so ons takke daar sterker te kan maak!
Waardeer!
Baie groete
WBF's AHI News Digest is out! Edition of 13 March 2015
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Tuesday, March 10, 2015
FW: Insake vestiging van Toerisme Inligtingsentrums by Sakekamers
Aan alle Sakekamervoorsitters
Die AHi in samewerking met die AHi-Toerismekomitee doen hiermee navraag by alle sakekamers oor die uitbou van Toerisme Inligtingsentrums in samewerking met sakekamers. Talle sakekamers beskik reeds oor Toerisme Inligtingsentrums, maar daar is ook talle wat nie oor die funksie beskik nie.
Dui asb. aan of u reeds oor so ʼn Toerisme Inligtingsentrums beskik of nié en óf dit deur die sakekamer beheer word. Inligting moet aan Fanie Terblanche by info@pridesafaris.co.za gestuur word voor of op Woensdag 11 Maart 2015. Fanie dien op die AHi-Toerismekomitee
Baie dankie
Christo Owen van der Rheede
Uitvoerende Hoof / Chief Executive Officer
Tel: (+27) 12 348 5440; Sel: (+27) 83 380 3492; Faks: (+27) 12 348 8771; Web: www.ahi.co.za
Monday, March 9, 2015
FW: Provinsiale Werkwinkel Uitnodiging
Sien asb. Aangeheg die kennisgewing van die werkswinkel op 18 April 2015 te Bellville.
FW: AHi aktiwiteite vir die week wat voorlê - 13 Maart 2015
Sakekamer van die Wes-Kaap moet asb.sover moontlik teminste twee lede stuur na die werkswinkel op 18 Maart 2015 te Bellville.
Beste Lede
Hiermee ʼn kort opsomming van die AHi se doen en late vir die week:
- Die AHi bestuur en arbeidskenners het verlede week met BUSA se NEDLAC-verteenwoordiger gemoeid met arbeidsaangeleenthede ontmoet. Die ontmoeting het spesifiek gehandel oor die reg van ʼn AHi lid om deur ʼn ander lid by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verteenwoordig te word. Terwyl werkersunies se lede deur vakbondverteenwoordigers tydens KBVA verhore bygestaan word, word hierdie reg vir werkgewers toenemend deur reëlwysigings ondermyn. Vorige wysigings is suksesvol deur die AHi in 2012 afgeweer. Sien hofuitspraak by http://www.saflii.org/za/cases/ZALCJHB/2012/111.pdf. Die AHi hou op u op hoogte van alle besluite en vordering in die verband en die regsopsies wat oorweeg word. Na ons mening is kleinsakeienaars se grondwetlike reg tot die keuse van verteenwoordiging by die KVBA, die reg tot vrye assosiasie en toegang tot effektiewe en beskostigbare regsdienste in gedrang. Aan die een kant maak die NOP, Staatsrede en Begrotingstoespraak 'n groot gewag van entrepreneursontwikkeling, aan die ander kant word kleinsakeieienaars gebombardeer met drakoniese arbeidswetgewing en reëlwysigings. Ons hou u op hoogte van ons planne om hierdie teenstrydighede tot op die hoogste vlak te takel.
- Die AHi se kongrestema vir hierdie jaar behels die volgende: Die rol van besigheid in plaaslike regering en plaaslike ekonomiese ontwikkeling. Verdere subtemas wat hiermee verband hou is infrastruktuurontwikkeling (paaie, water, sanitasie, elektrisiteit), hernubare energie, benefisiëring/waardetoevoeging van plaaslik ontginde hulpbronne, opleiding en onderwys en netwerking op politieke en besigheidsvlak. Die AHi moedig alle provinsies aan om provinsiale kongresse dienooreenkomstig met hierdie tema te belyn. ʼn Werkswinkel in die verband word vir 18 Maart 2015 om 12h00 tot 17h00 by die Lokaal 103, Vlak 1, JG van der Horst Gebou, SPL – Universiteit van Stellenbosch Bellville Kampus beplan.
- Die AHi se Nasionale Raadsvergadering en Netwerkfunksie word vir Donderdag 19 Maart 2015 in Kaapstad beplan. Die raadsvergaderinge vind by Sanlam Beleggingsbestuur te Wille van Schoorlaan 55, Bellville plaas en die spreker by die netwerkfunksie later die aand is Lizé Lambrechts, die nuwe hoof van Santam. Sien agenda aangeheg. Sien agenda aangeheg.
- Die AHi het verlede week met Eskom ontmoet en ʼn in-diepte gesprek gevoer. Daar is ʼn duidelike besef dat beurtkrag ʼn uiters negatiewe impak het op kleinsake en dat Eskom alles in hul vermoë behoort te doen om dit te beperk en ʼn omvattende strategie met die beste mensekapitaal in plek van stapel moet stuur om die ligte aan die gang te hou. Sien aanhangsels in plek wat aan alle sake-eienaars gestuur moet word wat by u sakekamer geaffilieer is.
- Die AHi Uitvoerende Hoof tree hierdie week op as gasspreker by Mosselbaai en George sakekamers op en woon ook die AHi-Vrystaat se provinsiale byeenkoms in Bloemfontein komende Vrydag by.
- Ander aktiwiteite vir die week behels bywoning van BUSA se menslike hulbronne-komiteevergadering in, ʼn gesprek met die bestuur van SACCI en met van ons korporatiewe lede soos ABSA.
- AHi lede wat in kontak met regeringsdepartemente en ander instellings wil kom kan hierdie nuttige skakel vir die doel benut: http://www.gcis.gov.za/content/resourcecentre/contactdirectory.
- Die AHi het ook vergaderings met die volgende handelsmissies en ons nooi lede uit om dit by te woon. Egiptiese en Italiaans-Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Industrie.
Mediaskakels van die afgelope week wat met AHi standpunte verband hou:
- AHi verteenwoordig BUSA by Kleinsake Portefeuljekomitee in Parlement - http://www.gov.za/speeches/committee-vows-transform-retail-sector-25-feb-2015-0000
- AHi voorstelle aan Portefeuljekomitee vir Kleinsake in Parlement - https://pmg.org.za/committee-meeting/20068/
- AHi verklaring op SAPA- http://www.link2media.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=27821&Itemid=12
- UH op RSG Spektrum – insake verlaagde oesskattings vir somergewasse en die impak daarvan op besigheid, Vrydag 6 Maart 2015
- UH in Beeld - http://www.netwerk24.com/stemme/2015-03-06-sa-politieke-leiers-bly-in-vlak-water?vc=aaae3fb0f23471e58a54e979ca50a8ec
Groete
Christo Owen van der Rheede
Uitvoerende Hoof / Chief Executive Officer
Tel: (+27) 12 348 5440; Sel: (+27) 83 380 3492; Faks: (+27) 12 348 8771; Web: www.ahi.co.za


















