STEMREG: AHI-ALGEMENE JAARVERGADERING, 20 OKTOBER 2016, LERIBA LODGE, CENTURION, PRETORIA
STEMME TOEGEKEN: Soos goedgekeur tydens die Direksievergadering van 21 Julie 2015.
Sakekamers : 1 stem vir elke 50 lede met 'n maksimum van 5 stemme
Sien asb. ondergemelde besluite geneem by die AHI-Direksievergadering, gehou op 6 September 2016:
1. STEMREG
1.1. Neem asb. kennis dat slegs opbetaalde sakekamers stemreg mag uitoefen.
1.2. Sakekamers se stemme word volgens die aantal lede toegedeel en ons versoek asb. dat voorsitters 'n volledige ledelys met adresse, telefoon-, faks en e-pos adresse voor of op 6 Oktober 2016 aan ons voorsien sodat die lede deur die AHI-kantoor geverifieer kan word.
1.3. Onvolledige sakekamerledelyste sal nie aanvaar word nie.
1.4. Indien geen ledelys of 'n onvolledige ledelys voorsien word, sal daardie opbetaalde sakekamer slegs een stem ontvang, ter erkenning aan die voorsitter van die Kamer.
U is welkom om nou reeds u ledelyste aan me. Amarna de Beer deur te stuur: Amarnad@ahi.co.za
Baie dankie vir u aandag hieraan.
(DR) ERNEST MESSINA
UITVOERENDE HOOF