Die Kongres is afgehandel en almal haal so bietjie rustiger asem na die suksesvolle Kongres te Rhebokskloof, Paarl op Vrydag, 23 September 2016.09.28. Baie dankie aan die borge, Old Mutual (Savarion Arendse) en Nedbank André Fourie). Hul twee manne is sterre! Sonder jul ondersteuning sou ons nie hierdie Kongres kon aanbied nie.
Hiermee ʼn ʼn kort verslag oor wat gedurende die dag plaasgevind het. Bie geluk aan Ceres Business Inisiatief met die wen van die Sakekamer van die Jaar troefee. Voorwaar ʼn puik prestasie. Die twee Sprekers, Prof. Tommy du Plessis en Dr.Johan van Deventer was puik. Ons kon nog ure na die 2 manne gesit en luister het, maar tyd het ons ingehaal.
Die nuwe Bestuur vir 2016/2017 is verkies. (Mnr. Bjorn Harmse is afwesig tydens die neem van die foto). Daar is 2 nuwe lede op die Bestuur verkies naamlik, Lynn-Ann du Preez van Kaap Agulhas Sakekamer en Ben Dell van Heidelberg Sakekamer. Baie geluk aan die nuwe lede. Almal is baie opgewonder oor die “nuwe era” en al die nuwe uitdagings wat die Wes- Kaap Sakekamer op die horison sien. Ek glo ons gaan almal lekker saam werk.
Na jare en jare op die Wes-Kaap Bestuur het Mnr. Piet Badenhorst nou besluit om so ʼn “bietjie te rus”- nie dat hy enigsins gaan rus nie, want hy is nog altyd op die Nasionaal Raad se Regs portefeulje, Tygerberg Sakekamer Bestuur en nog Direkteur van verskeie ander Besighede. Hy het ons egter verseker hy is net ʼn oproep ver vir enige hulp. Baie dankie Mnr. Badenhorst vir al die jare se tyd, ondersteuning en ondervinding wat jy met almal gedeel het. Jy was nooit te besig om aandag en hulp te gee nie. Ons sal jou nou so ʼn rukkie verskoon en so oor ʼn jaar of wat dan sleep ons jou weer nader. Al jou opofferings – te veel om te noem word opreg waardeer.
NS: Diegene wat graag Prof. Tommy du Plessis en Dr. Johan Van Deventer se aanbiedinge elektronies wil hê, epos my en ek stuur dit vir julle aan.
Leonie Van Der Merwe
KANTOORBESTUURDER
AHI WES-KAAP
Posbus 6171, Tygerberg, 7536 Bellpark 3A, h/v Durban &
Tel: 021 823 6713 De Langestraat, Bellville, 7530
Sel: 074 960 2039 www.ahiwp.org.za
E-pos: info@ahiwp.org.za