Geagte Sakekamers
Hoop dit gaan nog goed met een en almal. Almal praat net oor die droogte en die verskiklike hitte. Soos almal hoop ek ook dat die reën sal kom. Ons moet net aanhou glo en verligting sal kom op die regte tyd!
Ons is nou al amper deur die helfte van die tweede maand. Algemene Jaarvergaderings is nou aan die orde van die dag. Stuur asb.onmiddellik na afloop van die vergadering die kontakbesonderhede van die Bestuur aan hierdie kantoor. Dit is belangrik dat die AHi Wes-Kaap oor die korrekte inligting beskik. Vanaf 01 Maart 2016 sal die Sakekamers ook gefaktureer word vir lidmaatskapgelde van 2016. Die Bestuur van die AHi Wes-Kaap het verskeie teenwoordiges wat die "Ouboet" moet wees van die onderskeie sakekamers. Indien u graag Bestuurslede wil nooi om u Sakekamer te besoek, kontak die kantoor. Ons help graag. Vir enige navrae kontak my gerus.
Vriendelike groete.
Leonie Van Der Merwe
KANTOORBESTUURDER
AHI WES-KAAP
Posbus 6171, Tygerberg, 7536 Bellpark 3A, h/v Durban &
Tel: 021 823 6713 De Langestraat, Bellville, 7530
E-pos: info@ahiwp.org.za
