Bybelgenootskap Wes-Kaap
Leierskapsontbyt
Tema: Integriteit IN Leierskap
Spreker: Dr Isak Burger,
uittredende President van die AGS van Suid-Afrika
Integriteit. Leierskap. Twee kern begrippe en –behoeftes in Suid-Afrika.
In ‘n samelewing waar korrupsie, selfverryking en onetiese optrede soms botoon vier, is ‘n Bybelse fokus op leierskap in ‘n tyd soos nou uiters aktueel.
Dr Isak Burger, internasionaal bekende godsdiens leier in die breër geloofsgemeenskap, met gereelde optredes op radio en televisie, kom deel sy siening en boodskap. Hy bied ‘n deurdagte Bybelse perspektief op die noodsaak vir integriteit in leierskap.
Ná sy teologiese studies aan die Universiteit Pretoria, is hy ‘n gereelde spreker by interkerklike internasionale en nasionale forums. Hy is sedert April 1988 president van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika, ‘n stigterslid van Christelike televisie in Suid-Afrika, lank direkteur van Radiokansel, sowel as skrywer en mede-skrywer van topverkoper-boeke.
Datum: Vrydag 18 Maart 2016
Tyd: 09:00
Plek: Bybelhuis, Edwardstraat 134, Tygervallei, Bellville
‘n Buffet ontbyt word bedien.
Slegs ‘n beperkte aantal sitplekke beskikbaar! Bespreek vroegtydig!
Moenie dié gespreksgeleentheid met Dr Burger misloop nie.
KONTAK HEILA VAN WYK – LIAISON MEDIA

