Geagte Sakekamer Lid,
Hiermee ‘n uitnodiging na ons Algemene Jaarvergadering op 10 Februarie 2016 te Juffroushoogte Gasteplaas, Vredenburg om 18:00 vir 18:30.
Spreker: Christo Botes
President: AHI / Uitvoerende Direkteur: Business Partners
Onderwerp: Ons sake-uitdagings van 2016 en die rol van georganiseerde besigheid om hierdie uitdagings aan te spreek
RSVP: Let asseblief op NIE LATER as Vrydag, 5 Februarie 2016 om 16:00 nie.
Aangeheg nominasievorm vir moontlike kandidate om op die bestuur van 2016 te dien. Let asseblief op dat die genomineerde self die vorm moet onderteken, asook uself wat die persoon nomineer, en daar moet ook ‘n sekondant wees, wat ook ‘n lid van die Sakekamer is.
Hierdie nominasievorm moet ons bereik teen 9 Februarie om 17:00 aangesien geen nominasies aanvaar mag word 24 uur voor die vergadering nie.
Vriendelike groete,
Gerda van Zyl
Administratiewe Beampte
Posbus 144, Vredenburg, 7380
Tel: 022 715 1968 / Faks: 086 698 3334

