Kommaan mense. Ondersteun waar moontlik. Teen daardie tyd is die weer al soooooo lekker en wil ʼn mens lekker rondloop en kuier.....en dan koop jul sommer betyds die Kersgeskenke!
Leonie Van Der Merwe
KANTOORBESTUURDER
AHI WES-KAAP
Posbus 6171, Tygerberg, 7536 Bellpark 3A, h/v Durban &
Tel: 021 823 6713 De Langestraat, Bellville, 7530
Sel: 074 960 2039 www.ahiwp.org.za
E-pos: info@ahiwp.org.za
STILBAAI STRANDLOPERFEES (SSF)
9 - 12 Oktober 2014
Die Stilbaai Strandloperfees vind vanjaar plaas vanaf Donderdag, 9 Oktober tot Sondag, 12 Oktober.
Aansoeke vir die Kunshandwerk-mark en Kosstalletjies word ingewag. Ons hoop dat u sal deelneem aan hierdie besonderse feesgeleentheid op die Stilbaai-geleentheidskalender.
Die fees word oor verskeie areas van Stilbaai aangebied, maar die meeste aktiwiteite word gesentreer in en om die Ellensrust-karavaanpark te Stilbaai, wat as die amptelike feesterrein sal dien. Dit is dan ook hier waar die Kunshandwerk-mark en Kosstalletjies geakkommodeer sal word.
Daar sal van alle stalletjiehouers verwag word om hulle stalletjies vir die volle tydperk van die fees te bedryf.
1. Aansoeke en gelde betaalbaar:
'n Aansoekvorm word hierby aangeheg. Ons versoek u om die aansoekvorm so spoedig en volledig moontlik te beantwoord en per e-pos aan ons terug te stuur. (L.W. Die indien van u aansoek stel nie 'n outomatiese bespreking daar nie en is steeds onderworpe aan goedkeuring deur die komitee).
Die sperdatum vir aansoeke is 15 September 2014, en GEEN uitstel sal verleen word nie. U sal voor of op 19 September 2014 in kennis gestel word of u aansoek suksesvol was. Betaling van die volle koste vir alle stalletjies moet geskied voor of op 23 September 2014. 'n Fees - verwysingsnommer en ons bankbesonderhede sal aan alle suksesvolle aansoekers voorsien word.
'n Kaart met die uiteensetting van die perseel en die plasing van stalletjies sal ook aan u voorsien word. Daar sal 24 uur-sekuriteit op die terrein wees en sal dit nie nodig wees om elke aand u stalletjie op te pak nie.
1.1 Kuns- en handwerkstalletjies
Hierdie stalletjies word in 'n markiestent geakkommodeer en beslaan elk 'n ruimte van 3m x 3m. Alle nie-bederfbare produkte soos konfyte, olywe, beskuit, ens. sal ook hier geakkommodeer word. Geen kragpunte word hier voorsien nie. Die kostes van hierdie stalletjies beloop R400 vir die volle tydperk van die fees. Alle strukture en bykomstighede tot die oprigting van u stalletjie moet deur die stalletjiehouer verskaf word.
Stuur asb. duidelike foto's van u stalletjie en/of produkte wat u te koop wil aanbied met u aansoek saam.
Let wel: Die produkte wat u hier te koop wil aanbied, is onderhewig aan keuring ten opsigte van
kwaliteit en oorspronklikheid. Geen herverkoop van produkte sal toegelaat word nie.
1.2 Kosstalletjes
Die kosstalletjies word rondom die markiestent en/of in 'n afsonderlike tent geplaas. Die grootte is 3m x 5m. U kan dus in die tent of vanuit u eie karavaan opereer. Dui asb. op die aansoekvorm aan wat u voorkeur is. Vir elke kosstalletjie sal een kragpunt beskikbaar gestel word. Ekstra kragpunte kan gereël word teen R200 elk. Drie fase krag is onderhandelbaar. Die kostes van hierdie stalletjies beloop R600 vir die volle tydperk van die fees. Alle toerusting vir die stalletjie word deur die stalletjiehouer self voorsien.
Persone wat tydens spesiale geleenthede soos bv. dorpsfeeste, voedsel wil hanteer of verkoop, moet in besit wees van 'n Geskiktheidsertifikaat, uitgereik ingevolge Regulasies 962 deur 'n plaaslike owerheid. Indien u nie so 'n sertifikaat besit nie, moet die plaaslike Eden Distriks- munisipale kantoor gekontak word om so 'n sertifikaat te bekom.
Kontak: Verna Jack by Sel: 084 747 0530 (Riversdal)
Meld asb. op u aansoek of u hulp verlang om so'n sertifikaat te bekom, sodat ons die nodige vorms en inligtingstuk aan u kan stuur.
2. Oprigting en bedryf van stalletjies:
Die fisiese oprigting van stalletjies moet geskied op Donderdag 9 Oktober tussen 08h00 en 14h00. Stalletjies moet bedryf word tot 17h00 elke dag. Alle stalletjie-houers sal slegs toegelaat word om die produkte wat op hulle aansoekvorms aangedui word, te verkoop. Aangesien daar aktiwiteite na 17h00 op die feesterrein aangebied gaan word, is veral kosstalletjies welkom om tot later oop te bly.
2.1 Indien u akkommodasie op die feesterrein (Ellensrust-karavaanpark) verlang, skakel slegs met Johan Cronje by Sel: 083 309 3894 of e-pos hom by stilbaaistrandloperfees@gmail.com. 'n Tariewelys t.o.v. akkommodasie sal aan u verskaf word.
2.2 Deelname is op eie risiko. Daar sal van u verwag word om 'n vrywaringsvorm te onderteken vir die termyn van deelname aan die SSF 2014.
Vriendelike feesgroete
Stalletjie-koördineerders:
Kunshandwerk-mark Kosstalletjies
Louise Gerryts Shelen Wilken
082 369 6285 083 412 3391
Epos: louiseleather@vodamail.co.za Epos: wilkenshelen@gmail.com
Strandloperfees aanvanklik gekniehalter deur praktiese probleme
Die Strandloperfees van 9-12 Oktober 2014 beoog om die gemeenskap weer lekker uit sy winterslapie wakker te skud. En natuurlik, om so veel as moontlik besoekers na ons mooi omgewing te lok!
Praktiese struikelblokke het aanvanklik die voorbereiding gestrem; vandaar hierdie laat kennisgewing. Dit het egter nie die fees se komitee verhoed om voort te gaan met hul beplanning nie. Vanjaar se fees word gehou by die Ellenstrust-karavaanpark in Stilbaai.
Stilbaai Sakekamer rig 'n oop versoek aan alle inwoners van Stilbaai, Melkhoutsfontein en Jongensfontein om kragte, vernuf en talente saam te span om die komende gemeenskapsfees weer 'n sukses te maak.
"Ons het borge, kunstenaars, uitstallers en alle moontlike kontakte nodig. Raak asseblief betrokke. Kom gerus na vore met nuwe idees en voorstelle", het Johan Cronje, organiseerder van die Strandloperfees, gevra.
Hy kan gekontak word by:
Practical problems could not stall the Strandloper festivities
The Strandloper festival of 9-12 October 2014 aims to once again shake our local community out of its winter slumber. It will also try to lure as many visitors as possible to our beautiful environment.
In spite of initial practical problems, planning stayed right on schedule.
Stilbaai Business Chamber invites all members of our local community to join forces in utilizing all its strengths, skills and talents in order to make these festivities a huge success.
"We need sponsors, artists, exhibitors and all the contacts we can get. Do get involved. We will appreciate all new ideas and suggestions", said Johan Cronje, coordinator of the Strandloper festival.
He can be reached at….


