Wednesday, September 3, 2014

FW: STILBAAI HOSPITAAL

 

Subject: STILBAAI HOSPITAAL

 

.transparent{ background-color: #dfe4e9; background-image: url('cid:16147'); }

Not interested anymore? Unsubscribe . Having trouble viewing this email? View it in your browser .

STILBAAI HOSPITAAL

2 September 2014

STILBAAI HOSPITAAL: NUUSBRIEF 8

 

 

                                          

Daar heers groot opgewondenheid oor 'n unieke ontwikkeling in Stilbaai-Oos, waar 'n Privaat Hospitaal tans gebou word wat 'n omvattende gesondheidsdiens sal lewer en maak voorsiening vir verskeie mediese dissiplines wat aangebied sal word .    Die ontwikkeling bestaan verder ook uit 220 residensiële erwe, 'n Leefstyl sentrum   met ontspanningsgeriewe, 'n mini mall &   92 woonstel-eenhede.  

Die Stilbaai Duine Ontwikkeling & Stilbaai Privaat Hospitaal is 'n Vyfster-ontwikkeling wat toegangklik is vir almal in die Tuinroete, Suid Afrika asook die res van die wêreld.   Hoë-gehalte diens,gekwalifiseerde- en professioneel opgeleide personeel, asook moderne tegnologie sal 'n aangename ondervinding by die fasiliteit verseker.   Stefan Wiese is reeds vanaf 1 Junie 2014, aangestel as die Hospitaalbestuurder.

In die meesterplan van die hospitaal word daar voorsiening gemaak vir die volgende :

ü   Ongevalle eenheid

ü   40 Beddens (Dag,   Oornag & Hoësorg)

ü   2 Teaters

ü   Radiologie eenheid

ü   Dokter spreekkamers

ü   Apteek

ü   Ambulans

ü   Dialiese eenheid

ü   Mini Rehabilitasie

Die moderne uitleg en uitstekende ligging van die ontwikkeling sal ook die invloei van mense na Stilbaai bewerkstellig, eerder as die tradisionele uitvloei as gevolg van die gebrek aan top gehalte mediese ondersteuning, sowel as die besonderse rustige- en natuurlike omgewing wat spoedige herstel aanmoedig.   Die onbelemmerde see-uitsig vanuit al die kamers in die hospitaal maak dit 'n onbeskryflike ervaring.   Hierdie is 'n   eiesoortige fasiliteit wat kwaliteit van lewe, sowel as funksionaliteit bied aan enige persoon wat hierdie hul nuwe bestemming wil maak.

'n Enorme projek soos hierdie, verleen 'n onmiddelike en massiewe bydrae tot die ekonomie van die Hessequa streek en sal van onskatbare waarde wees vir die huidige gemeenskap, toerisme en voornemende beleggers.

Verder word daar ook begin met die totale opgradering van die indraai-pad (R305) vanaf die N2 hoofroete na Stilbaai, in 2015, wat weer op die beurt die dorp en die hospitaal meer gerieflik bereikbaar sal maak.

Die hospitaal word bepaln om deure te open in die tweede kwartaal van 2015.

Op 18 Oktober 2014, sal Nico Viljoen, die ateljeegas wees van die bekende ekonoom, Dawie Roodt op die program Ontbytsake om 07h30, (KykNet, DSTV kanaal 144), om meer inligting oor diè onvangryke projek te verskaf. Daar sal ook heruitsendings van die program wees op Sondag 19 Oktober tussen 7:30 en 9:00, Dinsdag 21 Oktober en Donderdag 23 Oktober tussen   13:00   en 14:00.

Kontak gerus vir Nico Viljoen sou daar enige navrae wees.

Sel 082 820 4366

nico@stilbaaidunes.com

www.stilbaaidunes.com

Nico Viljoen 

Besturende Direkteur

Stilbaai Hospitaal (Edms) Bpk &

Hessequa Mediese Sentrum (Edms) Bpk

Tel :    028 754 1515 / 1550

Faks : 086 270 0656

Sel :    082 820 4366

E-Pos : nico@stilbaaidunes.com - persoonlik

E-Pos : properties@stilbaaidunes.com - kantoor

Webtuiste : www.stilbaaidunes.com

 

       

 

<="" td="">

 

 

Confidentiality Notice :   This e-mail transmission may contain confidential or legally privileged information that is intended only for the individual or entity named in the e-mail address.  If you are not the intended recipient, you are hereby notified that any disclosure, copying, distribution, or reliance upon the contents of this e-mail is strictly prohibited.  If you have received this e-mail transmission in error, please reply to the sender, so that Stilbaai Hospitaal (Pty) Ltd & Hessequa Mediese Sentrum (Pty) Ltd can arrange for proper delivery, and then please delete the message entirely from your system.  Therefor the aforementioned does not accept any liability for any damage, loss or expense arising from this e-mail and / or from accessing any attachments, which are also not guaranteed to be virus free.