Tuesday, September 2, 2014

FW: DRINGEND - SAKEKAMER VAN DIE JAAR KOMPETISIE 2013/2014 - MEMORANDUM EN NORMELYSTE

 

ALLE SAKEKAMER BESTUUR

 

Verwysend na onderstaande korrepondensie word u hiermee in kennis gestel dat die inskrywings vir die Kompetiesie ook ELEKTRONIES ingedien kan word na Marieta van Zyl (marietavz@ahi.co.za).

 

Voormelde reëling sal die proses baie vergemaklik en ons hoop dat alle AHI-Gauteng Sakekamers vir die kompetisie sal inskryf!

 

Groete

 

Fanie du Plessis

Koordineerder: AHI-Gauteng

 

Marieta van Zyl

Bestuurder: Spesiale Projekte

 

From: Fanie du Plessis [mailto:fanie@ccbc.co.za]
Sent: 01 September 2014 12:37 PM
Subject: DRINGEND - SAKEKAMER VAN DIE JAAR KOMPETISIE 2013/2014 - MEMORANDUM EN NORMELYSTE

 

 

Geagte Sakekamer Voorsitters en Besture

 

Cc:  Provinsiale voorsitters

 

Die tyd het weer aangebreek om die AHi Sakekamer van die jaar kompetisie vir 2013/2014 van stapel te stuur.  Die kompetisie word die jaar weer in drie (3) kategorieë aangebied naamlik  om die Presidentstrofee, die Visepresidentstrofee, en die Opkomende sakekamer van die jaar trofee. (Al drie kategorieë word volledig omskryf in die aangehegte memorandum en nomelys)

 

Aangeheg vind asseblief die volgende dokumentasie:

 

1.      ‘n Dekkende memorandum wat die kriteria vir die inskrywing vir al drie kategorieë in detail uiteensit.  Lees asb die memorandum sorgvuldig deur sodat u seker is van al die vereistes en riglyne in elke kategorie.

2.      Die normelyste vir elke kompetisie. Aanhangsel A, betrekking op die President’s trofee, Aanhangsel B, betrekking op die Visepresident’s trofee en Aanhangsel C vir die Opkomende Sakekamer van die Jaar trofee.

 

U word versoek om noukeurig u te vergewis van die kriteria in die memorandum vir al drie kategorieë en dan u keuse volgens die vereistes van die drie kompetisies uit te oefen, en daarvolgens in te skryf. Druk die toepaslike aanhangsel vir u inskrywing en werk daarvan af om u inskrywing te voltooi.

 

U is welkom om enige navrae aan my rig in die verband, maar die memorandum behoort u te lei in die uitoefening van u keuse.

 

Ons sien uit daarna om u inskrywings te ontvang en dit te beoordeel en ons vertrou dat sakekamers weer met ywer hierdie jaar sal inskryf.

 

Koerier/stuur asseblief u inskrywings teen nie later nie as 20 September 2014 na:

 

Marius Louw

AHi

1ste vloer

Lynnwood Galleries

Rosemaryweg 354

Lynnwood

Pretoria

Tel nr:  012 348 5440

 

Vriendelike groete

 

Marius Louw

COO/HOB

 

Tel:  (+27) 12 348 5440; Cell:  (+27) 83 232 0182; Fax:  (+27) 86 512 4388; Web:  www.ahi.co.za