Tuesday, October 7, 2014

FW: Leierskapsdinee: BRAND PRETORIUS & prof Piet Naude

 

 

 

Sien asseblief die aangehegte inligting oor die Bybelgenootskap se leierskapsdinee op 24 Oktober by die NH Lord Charles Hotel, Somerset-Wes met sakeleier Brand Pretorius as gasspreker. Prof Piet Naudé, nuwe direkteur by Stellenbosch Universiteit Bestuurskool, is ook betrokke.  

 

Onderaan die bladsy is meer inligting oor die sprekers.

 

Gunstige oorweging om die unieke geleentheid te ondersteun, word vriendelik gevra.

 

Vriendelike groete

Heila

 

Benewens Brand Pretorius, sal Prof Piet Naudé, nuwe direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool,  kortliks erkenning gee aan Etiese Leierskap. Hy is ‘n bekende in akademiese en teologiese kringe.  Synde ‘n Professor in Etiek, was hy voorheen betrokke by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se Bestuurskool in Port Elizabeth, waarna hy adjunk-visiekanselier van onderrig en leer aan die NMMU was, en die Afrika-verteenwoordiger van die Internasionale Vereniging van Besigheidsekonomie en Etiek

 

Inligting:                                                

Ø  BRAND PRETORIUS  het in 2011 as Hoof Uitvoerende Beampte van die McCarthy Groep uitgetree. Sy uitmuntende leierskap en leierskapsetiek oor vier dekades is met verskeie uitstaande nasionale sake-, bemarkings- en leierskapstoekennings vereer. Die jongste toekenning is die Ellen Kuzwayo Toekenning  wat in November 2013 deur die Universiteit van Johannesburg vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die geheel, aan hom toegeken is.

Ø  Brand dien tans op die direksies van Barclays Bank Afrika - die beherende maatskappy van Absa, Tongaat Hulett, Reunert, Italtile, Tata Africa, Metair en die konsultasiemaatskappy Alexander Proudfoot. Hy is ook lid van van die rade van Business against Crime, die Motorbedryf Ombudsman van Suid-Afrika, die Afrikaanse Handelsinstituut, die READ Opvoedkundige Trust en die Sakeskool van die Universiteit van Stellenbosch.

Ø  Brand is ‘n ere-professor in Ondernemingsbestuur by die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Johannesburg, sowel as in Bemarking by die Universiteit van Pretoria. Hy het in 2013 ‘n ere-doktorsgraad in Bemarking van die Durban University of Technology ontvang.

 

 

 

 

 


This email is free from viruses and malware because avast! Antivirus protection is active.