Wednesday, February 10, 2016

Algemene Jaarvergaderings

Geagte Sakekamers

Hoop dit gaan nog goed met een en almal.  Almal praat net oor die droogte en die verskiklike hitte.  Soos almal hoop ek ook dat die reën sal kom. Ons moet net aanhou glo en verligting sal kom op die regte tyd!

Ons is nou al amper deur die helfte van die tweede maand.  Algemene Jaarvergaderings is nou aan die orde van die dag.  Stuur asb.onmiddellik na afloop van die vergadering die kontakbesonderhede van die Bestuur aan hierdie kantoor.  Dit is belangrik dat die AHi Wes-Kaap oor die korrekte inligting beskik.  Vanaf 01 Maart 2016 sal die Sakekamers ook gefaktureer word vir lidmaatskapgelde van 2016.  Die Bestuur van die AHi Wes-Kaap het verskeie teenwoordiges wat die "Ouboet" moet wees van die onderskeie sakekamers.  Indien u graag Bestuurslede wil nooi om u Sakekamer te besoek, kontak die kantoor.  Ons help graag.  Vir enige navrae kontak my gerus. 

Vriendelike groete.


Leonie Van Der Merwe
KANTOORBESTUURDER
AHI WES-KAAP

Posbus 6171, Tygerberg, 7536              Bellpark 3A, h/v Durban &
Tel: 021 823 6713                                    De Langestraat, Bellville, 7530
Sel: 074 960 2039                                    www.ahiwp.org.za
E-pos: info@ahiwp.org.za

IMPORTANT INFORMATION: Upgrade on N1: WEF 15 FEB 2016


Subject: IMPORTANT INFORMATION: Upgrade on N1: WEF 15 FEB 2016

For your information, below is an extract from a report received via Transport for Cape Town.
These upgrades will be affecting all travelers using the N1 on specific sections wef mid February 2016.

We have been advised by the successful contactors (Mr Jared Smith from Martin & East) that the following is intended:

The scope of work on the N1:  3rd Lane Contract:

The specific objective of this, Western Cape Government Provincial Roads and Transport Management Project, is to improve the capacity and safe operating conditions of the TR9/1 between Plattekloof Road Interchange and the Stellenberg (R300) Interchange by :

·         Constructing additional lanes on the carriageways of the freeway in order to improve traffic safety and capacity;
·         Constructing new auxiliary lanes to improve weaving conditions;
·         Extending the existing concrete median barrier to prevent head-on collisions;
·         Constructing intersection improvements at various interchanges in order to improve traffic safety and capacity;
·         Demolishing and reconstructing the Old Oak West Bridge, which has insufficient vertical clearance making it unsafe for heavy vehicles carrying high or abnormal loads; and
·         Installing a new 1525 mm diameter water main along the southern boundary of the TR9/1 road reserve, so that the existing Wemmershoek Pipeline in the freeway median can be decommissioned.

The above mentioned project will commence mid to end February 2016 with an estimated duration of 36 months.

Traffic shall be accommodated on the existing surfaced carriageway and shoulders. Temporary deviations may be required at certain road junctions / intersections within the interchanges under this contract.  Accommodation of traffic for rehabilitation work on the carriageways and ramps shall generally be carried out by closing off one lane of traffic at a time and accommodating the traffic on the other lane(s).

There shall be restricted working hours for any construction activities on the carriageways, ramps and crossing roads which negatively affect the traffic capacity during the peak periods. The restricted working hours for any operations which encroach onto the usable traffic lanes (excluding shoulders) shall be as follows:

·         06:00 to 09:00 on the inbound carriageway of TR9/1;
·         15:00 to 19:00 on the outbound carriageway of TR9/1;
·         06:00 to 09:00 on all ramps and crossing roads; and
·         15:00 to 19:00 on all ramps and crossing roads.
regards

Elizabeth (Elize) Jacobs
De Grendel Subcouncil (3)
Dept: Councillor Support and Subcouncils
Dir: Corporate Services and Compliance
Address: 1st Floor, Goodwood Municipal Building
261 Voortrekker Road
GOODWOOD │ 7460
Tel: 021 590-1674
Fax: 021 590-1677
Cell: 082 9267885
Elize.Jacobs@capetown.gov.za
P Help save paper - do you really need to print this email ?







Disclaimer: This e-mail (including attachments) is subject to the disclaimer published at: http://www.capetown.gov.za/en/Pages/disclaimer.aspx. Please read the disclaimer before opening any attachment or taking any other action in terms of this e-mail. If you cannot access the disclaimer, kindly send an email to disclaimer@capetown.gov.za and a copy will be provided to you. By replying to this e-mail or opening any attachment you agree to be bound by the provisions of the disclaimer.

Uitnodiging: Leierskapsontbyt 18 Maart 2016



Bybelgenootskap Wes-Kaap
Leierskapsontbyt

Tema:                Integriteit IN Leierskap
Spreker:           Dr Isak Burger,
uittredende President van die AGS van Suid-Afrika

Integriteit.  Leierskap.  Twee kern begrippe en –behoeftes in Suid-Afrika.

In ‘n samelewing waar korrupsie, selfverryking en onetiese optrede soms botoon vier, is ‘n Bybelse fokus op leierskap in ‘n tyd soos nou uiters aktueel.

Dr Isak Burger, internasionaal bekende godsdiens leier in die breër geloofsgemeenskap, met gereelde optredes op radio en televisie, kom deel sy siening en boodskap.  Hy bied ‘n deurdagte Bybelse perspektief op die noodsaak vir integriteit in leierskap.

Ná sy teologiese studies aan die Universiteit Pretoria, is hy ‘n gereelde spreker by interkerklike internasionale en nasionale forums.  Hy is sedert April 1988 president van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika, ‘n stigterslid van Christelike televisie in Suid-Afrika, lank direkteur van Radiokansel, sowel as skrywer en mede-skrywer van topverkoper-boeke.


Datum:                Vrydag 18 Maart 2016
Tyd:                     09:00
Plek:                    Bybelhuis, Edwardstraat 134, Tygervallei, Bellville

‘n Buffet ontbyt word bedien.

Slegs ‘n beperkte aantal sitplekke beskikbaar!  Bespreek vroegtydig!
Moenie dié gespreksgeleentheid met Dr Burger misloop nie.

KONTAK HEILA VAN WYK – LIAISON MEDIA
EPOS:  heilavw.liaison@gmail.com                   SEL:  082 670 2968


            

Monday, February 1, 2016

Weskus Sakekamer Algemene Jaarvergadering - 10 Februarie 2016

Geagte Sakekamer Lid,

Hiermee ‘n uitnodiging na ons Algemene Jaarvergadering op 10 Februarie 2016 te Juffroushoogte Gasteplaas, Vredenburg om 18:00 vir 18:30.

Spreker:          Christo Botes
President: AHI / Uitvoerende Direkteur: Business Partners
Onderwerp:    Ons sake-uitdagings van 2016 en die rol van georganiseerde besigheid om hierdie uitdagings aan te spreek

RSVP: Let asseblief op NIE LATER as Vrydag, 5 Februarie 2016 om 16:00 nie.

Aangeheg nominasievorm vir moontlike kandidate  om op die bestuur van 2016 te dien.  Let asseblief op dat die genomineerde self die vorm moet onderteken, asook uself wat die persoon nomineer, en daar moet ook ‘n sekondant wees, wat ook ‘n lid van die Sakekamer is.

Hierdie nominasievorm moet ons bereik teen 9 Februarie om 17:00 aangesien geen nominasies aanvaar mag word 24 uur voor die vergadering nie.

Vriendelike groete,

Gerda van Zyl
Administratiewe Beampte
<![if !vml]>
<![endif]> 






Posbus 144, Vredenburg, 7380
Tel: 022 715 1968 / Faks: 086 698 3334


Tuesday, January 19, 2016

Fwd: Die Parletones kom Bredasdorp toe!



Sent from my iPhone

Begin forwarded message:

From: "BESTUUR@CAPE AGULHAS BUSINESS CHAMBER - KAAP AGULHAS SAKEKAMER" <bestuur@capeagulhasbusinesschamber.co.za>
Date: 19 January 2016 at 10:45:20 AM SAST
To: <ortonk@agrimega.co.za>
Subject: Die Parletones kom Bredasdorp toe!

Beste Orton

 

Kaap Agulhas Strategiese Aksie (KASA), 'n nie-winsgewende maatskappy met ses direksielede, is 'n inisiatief van die Kaap Agulhas Sakekamer met die doel om die negatiewe persepsies van die area na die moord op Anene Booysen en ander gewelddadige misdade wat sedert 2013 plaasgevind het, drasties om te keer.

 

KASA  het ten doel om dit om te keer deur te fokus op:

·         Stedelike vernuwing en ontwikkeling deur

o   Risiko bestuur infrastruktuur

o   Persoonlike veiligheid bewusmaking

o   Voogdyskap van die natuur en erfenis

·         Ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe vir gedeelde groei in

o   Infrastuktuur

o   Toerisme

o   Agri-prosessering

·         Ingrypingstrategie vir die gemeenskap ten opsigte van

o   Konflik-resolusie en voorkoming van geweld

o   'n veiliger omgewing vir vroue en kinders deur die bou van kapasiteit

o   Onderwys- en ontspanningsprogramme

Op 14 Februarie 2016, drie jaar na die tiener se tragiese heengaan, word die Anene Booyse Stigting by 'n baie spesiale konsert van die bekende Suid-Afrikaanse rock-groep, die PARLOTONES te Mega Park, Bredasdorp bekend gestel. Die PARLOTONES het goedgunstiglik onderneem om 30 persent van hul inkomste uit hierdie konsert aan die Stigting te skenk, voorwaar 'n voorbeeld vir ons almal.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R500 per persoon vir die Goue Sirkel of R200 per persoon vir algemene staande kaartjies.

As lid van die Sakekamer doen ek graag 'n beroep op jou en jou onderneming om hierdie inisiatief te ondersteun deur kaartjies te bespreek en/of om 'n bydrae te maak deur borgskap, skenking of hulp tydens hierdie geleentheid ten bate van die Stigting  vir 'n veilige, misdaadvrye omgewing waarin besigheid, belegging en die gemeenskap as 'n geheel kan floreer. 

Daar sal op Saterdag 13 en Sondag 14 Februarie geleentheid wees vir plaaslike besighede om deel te wees van die geleentheid by wyse van stalletjies.  Beulah Huyser van Agri Mega sal jou in die verband kontak.

Kontak my gerus vir meer inligting of om betrokke te raak.

Met vriendelike groete

Gerda Kriel

073 428 1199

bestuur@capeagulhasbusinesschamber.co.za

 

   

www.capeagulhasbusinesschamber.co.za

Kaap Agulhas Sakekamer


Cape Agulhas Business Chamber