Monday, June 1, 2015

FW: Snoek en Patatfees 2015

Goeie dag

Aan alle AHI lede en besigheidskamers

 

Spesiale uitnodiging na die jaarlikse Snoek en Patatfees ( Die groostste gemeenskapsfees in Suid-Afrika )

Voorwoord van Mnr Christo van der Rheede:

'n Fees bring mense byeen om saam te vier en saam te geniet. Hierdie jaar bied die Snoek- en Patatfees weer 'n besondere ervaring om saam te vier en te geniet. 'n Mens kan egter net vier en geniet as daar produktief geskep is en doelgerig gefokus word op ekonomiese selfonderhoudendheid. Mag die fees vir ons almal 'n inspirasie wees om met groter ywer en kreatiwiteit elke ruimte ekonomies te ontwikkel om armoede en werkloosheid teen te werk.