VOORSITTERS, SEKRETARISSE EN MEDE LEDE
Verlede jaar was dit ʼn reuse sukses en hierdie jaar kon die Sakemanne/vroue nie wag dat die Kongres moet aanbreek nie. Ontvang hiermee die uitnodiging na die Gala dinee op 22 Julie 2015 en die Kongres die volgende dag op 23 Julie 2015 te Pearl Valley Gholf landgoed.
Orton King versoek alle voorsitters van die onderskeie Sakekamers in die Wes-Kaap om hierdie 2 geleenthede by te woon. Neem ook asb.die inisiatief om ʼn ander afgevaardiger na die Kongres te stuur indien u dit nie kan bywoon nie. Tydens die Kongres is daar top Sprekers van regoor die land. Goeie besprekingspunte, insette word verwag!!! Terwyl u u kennis verbreed aangaande die ekonomie van Kleinsake in die Streke van die Wes-Kaap, kan u ook gebruik maak van hierdie wonderlike netwerk geleentheid om ander afgevaardigers van verskeie Sakekamers in die Wes-Kaap te ontmoet en idees uit te ruil. Unieke geleentheid vir die Sakemanne/vroue in u kontrei om te kan sien wat die AHI vir hul besigheid kan beteken. Versprei die woord...op 22 Julie en 23 Julie is die Kaap weer Hollands!!!
Direk na die Kongres sal die Algemene Jaarvergadering van die Wes-Kaap plaasvind om 16:00. Maak asb.seker dat u verteenwoordigers ook sal agterbly vir die Jaarvergadering. Die idee is om ʼn verteenwoordiger te verkies uit die 6 verskillende Munisipale Distrikte. U teenwoordigheid is dus baie belangrik.
***Een van die aspekte van ʼn geslaagde Kongres beteken dat administrasie vlot afgehandel moet word. Ek rig dus ʼn vriendelike versoek tot u een en almal om asb.so spoedig moontlik ʼn bespreking te doen***
Leonie Van Der Merwe

