Friday, March 27, 2015
Wednesday, March 25, 2015
FW: Huis Jabes en Durbanville Besigheid Gala Dinee
Beste Huis Jabes-ondersteuner
Dit is vir ons ’n voorreg om vanjaar weer ’n dinee aan te bied in samewerking met Durbanville Besigheid – ’n geleentheid waartydens die Sakeleier van die jaar ook bekend gemaak sal word.
Dié keer het ons egter ’n baie spesifieke doel voor oë. Huis Jabes is reeds sewe jaar oud en kon al aan honderde slagoffers van gesinsgeweld uitkoms bied. Vanjaar wil ons ’n verdere mikpunt bereik deur eiendom aan te koop. Hierdie eiendom sal verseker dat Huis Jabes nog lank sal kan voortbestaan en aan nog honderde mense sal kan uitkoms bied.
Ons hoofdoel is om met die dinee ook fondse te werf om hierdie droom te bewaarheid; daarom sal u teenwoordigheid by ons spogfunksie hoog op prys gestel word. Eienaars van sakeondernemings kan weer eens kaartjies vir tien persone per tafel koop om sodoende hul mees gewaardeerde kliënte vir die aand te onthaal.
SOS Trust is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie, en u bydrae kan van belasting verhaal word.
Aangeheg is ’n uitnodiging na die funksie.
Seënwense
Adri Klindt
083 564 3313
Tuesday, March 24, 2015
Bestuurbesonderhede
Geagte Sekretarisse/voorsitters
Moet asb.nie nalaat om hierdie kantoor in kennis te stel van enige verandering op jou Bestuur nie. Almal begin nou met hul AJV en moontlik is daar veranderings. Stuur daardie besonderhede asb. So gou as moontlik aan.
Lekker dag.
Leonie Van Der Merwe
KANTOORBESTUURDER
AHI WES-KAAP
Posbus 6171, Tygerberg, 7536 Bellpark 3A, h/v Durban &
Tel: 021 823 6713 De Langestraat, Bellville, 7530
Sel: 074 960 2039 www.ahiwp.org.za
E-pos: info@ahiwp.org.za
Monday, March 16, 2015
FW: Inligting ivm aluminiumprojek
Aandag alle Sakekamers
Opwindende projek in die Aluminiumbedryf, aangebied deur Besigheidskool van Univ. Stellenbosch.
| ||||||
|
Friday, March 13, 2015
FW: Gansbaai Sakekamer - Courant berig
Aangeheg die dubbelblad berig wat later vandag in Gansbaai Courant gepubliseer sal word.
Ek moes dit net vir julle stuur - kyk net hoe julle 'n verskil aan ons gemaak het.
Ons kan net se: BAIE DANKIE !!
Mooi loop
Fanie Bothma
083 296 2676






