Wednesday, March 25, 2015

FW: Huis Jabes en Durbanville Besigheid Gala Dinee

 

Beste Huis Jabes-ondersteuner

 

Dit is vir ons ’n voorreg om vanjaar weer ’n dinee aan te bied in samewerking met  Durbanville Besigheid – ’n geleentheid waartydens die Sakeleier van die jaar ook bekend gemaak sal word.

 

Dié keer het ons egter ’n baie spesifieke doel voor oë.  Huis Jabes is reeds sewe jaar oud en kon al aan  honderde slagoffers van gesinsgeweld uitkoms bied.  Vanjaar wil ons ’n verdere mikpunt bereik  deur eiendom aan te koop.  Hierdie eiendom sal verseker dat Huis Jabes nog lank sal kan voortbestaan en aan nog honderde mense sal kan uitkoms bied.

 

Ons hoofdoel is om met die dinee ook fondse te werf om hierdie droom te bewaarheid; daarom sal u teenwoordigheid by ons spogfunksie hoog op prys gestel word.  Eienaars van sakeondernemings kan weer eens kaartjies vir tien persone per tafel koop om sodoende hul mees gewaardeerde kliënte vir die aand te onthaal.

 

SOS Trust is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie, en u bydrae kan van belasting verhaal word.

 

Aangeheg is ’n uitnodiging na die funksie.

 

Seënwense

 

Adri Klindt

083 564 3313

adri@sostrust.co.za

www.huisjabes.co.za