|
Thursday, September 29, 2016
FW: MyCiTi Enews - September 2016
Nuusbrokkies vanaf die HUB
| |||||||||||||||
| |||||||||||||||
|
‘n Sakekamer model vir Vandag
Die AHI
Wes-Kaap het op Vrydag, 23 September sy jaarlikse kongres en AJV te
Rhebokskloof, Paarl aangebied waartydens ‘n nuwe bestuur , asook die Sakekamer
van die Jaar aangewys is. Verskeie verteenwoordigers van Sakekamers regoor die
Wes-Kaap, Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, asook senior
bestuur van Nedbank en ABSA, Standard Bank en Old Mutual het bygewoon. Die Kongres is aangebied in die vorm van ‘n werkwinkel om sodoende
‘n Sakekamer model te ontwikkel vir bestaande Sakekamers in die provinsie.
Volgens Prof Tommy du Plessis direkteur van
die Potchefstroom Besigheids skool en fasiliteerder van die werkwinkel , is besigheidsmodelle nie net van toepassing op Sakeondernemings
nie. “Dit is ook ‘n werklikheid by sakekamers, werkgewersorganisasie en
universiteite. Aan die einde van die dag is ‘n gesonde besigheidsmodel die
grootste bousteen in die oorlewing van enige organisasie”.
“Met
die kundigheid teenwoordig kan ons as AHi Wes-Kaap beste praktyke bepaal om as
model vir al die Sakekamers in die Wes-Kaap te dien. Die tradisionele beskouing
van die Sakekamer as ‘n netwerkgeleentheid is uitgedien. Die belangrikste doel nou
vir ‘n Sakekamer is om ekonomiese ontwikkelings geleenthede te ontgin en
sodoende werk te skep in gemeenskappe” sê Dr Willie Cilliers, AHI Wes-Kaap
voorsitter.
Die geleentheid
se gasspreker was Dr. Johan van Deventer wat met praktiese en indrukwekkende
verwysings die gehoor geboei het met sy 30
jaarlange ervaring opgedoen as werknemer van die Shoprite groep. Sy boodskap
was eenvoudig: “Doen ‘n bestek opname rakende jou besigheid en vra jouself af
of jy nog steeds passievol is daaroor. Moenie stres oor dit wat jy nie kan
beheer nie – speel jou spel!”
Die Wes-Kaap Sakekamer van die Jaar
wisseltrofee is toegeken aan Ceres Besigheids Inisiatief vir hul aktiewe uitbreiding
van hul ledebasis en pro-aktiewe benadering om projekte met hul plaaslike owerheid
en besigheidsektor aan te pak.
Die belangrike rol van die AHi se interaksie
op plaaslike, provinsiale en nasionale regeringsvlak tot voordeel van kleinsake
ondernemings is deur Dr Cilliers ook beklemtoon. “Die AHi & Provinsiale regering het ‘n
besondere band en daar sal voortgebou word om die verhouding tussen die AHi, provinsie
en sakekamers te versterk.
Dr. Ernest
Messina, Uitvoerende Hoof AHi Nasionaal, het met die aankonding van die nuwe bestuur sy
positiwiteit gedeel oor die AHI Wes-Kaap
Bestuur se kontinuïteit en die verbintenis
wat getoon word om met alle rolspelers die ekonomie van die Wes-Kaap te
help groei. Hy noem ook dat “die insigte
wat uit die werkwinkel verkry is,
onskatbare waarde het nie net vir die AHI Wes-Kaap nie, maar ook vir die meer
as 100 AHI sakekamers landswyd.”
Die nuutverkose AHi
Wes-Kaap Bestuur is vlnr:
Dr. Willie Cilliers - Voorsitter Dirk
Breytenbach
Shiraz Rayban -
Onder-Voorsitter Pierre
du Plessis
Ilse Lochner Lynn-Ann
du Preez
Bjorn Harmse Ben
Dell
Orton King
Francis Nieuwoudt
Ahi Wes-Kaap Kongres en Algemene Jaarvergadering
Die Kongres is afgehandel en almal haal so bietjie rustiger asem na die suksesvolle Kongres te Rhebokskloof, Paarl op Vrydag, 23 September 2016.09.28. Baie dankie aan die borge, Old Mutual (Savarion Arendse) en Nedbank André Fourie). Hul twee manne is sterre! Sonder jul ondersteuning sou ons nie hierdie Kongres kon aanbied nie.
Hiermee ʼn ʼn kort verslag oor wat gedurende die dag plaasgevind het. Bie geluk aan Ceres Business Inisiatief met die wen van die Sakekamer van die Jaar troefee. Voorwaar ʼn puik prestasie. Die twee Sprekers, Prof. Tommy du Plessis en Dr.Johan van Deventer was puik. Ons kon nog ure na die 2 manne gesit en luister het, maar tyd het ons ingehaal.
Die nuwe Bestuur vir 2016/2017 is verkies. (Mnr. Bjorn Harmse is afwesig tydens die neem van die foto). Daar is 2 nuwe lede op die Bestuur verkies naamlik, Lynn-Ann du Preez van Kaap Agulhas Sakekamer en Ben Dell van Heidelberg Sakekamer. Baie geluk aan die nuwe lede. Almal is baie opgewonder oor die “nuwe era” en al die nuwe uitdagings wat die Wes- Kaap Sakekamer op die horison sien. Ek glo ons gaan almal lekker saam werk.
Na jare en jare op die Wes-Kaap Bestuur het Mnr. Piet Badenhorst nou besluit om so ʼn “bietjie te rus”- nie dat hy enigsins gaan rus nie, want hy is nog altyd op die Nasionaal Raad se Regs portefeulje, Tygerberg Sakekamer Bestuur en nog Direkteur van verskeie ander Besighede. Hy het ons egter verseker hy is net ʼn oproep ver vir enige hulp. Baie dankie Mnr. Badenhorst vir al die jare se tyd, ondersteuning en ondervinding wat jy met almal gedeel het. Jy was nooit te besig om aandag en hulp te gee nie. Ons sal jou nou so ʼn rukkie verskoon en so oor ʼn jaar of wat dan sleep ons jou weer nader. Al jou opofferings – te veel om te noem word opreg waardeer.
NS: Diegene wat graag Prof. Tommy du Plessis en Dr. Johan Van Deventer se aanbiedinge elektronies wil hê, epos my en ek stuur dit vir julle aan.
Leonie Van Der Merwe
KANTOORBESTUURDER
AHI WES-KAAP
Posbus 6171, Tygerberg, 7536 Bellpark 3A, h/v Durban &
Tel: 021 823 6713 De Langestraat, Bellville, 7530
Sel: 074 960 2039 www.ahiwp.org.za
E-pos: info@ahiwp.org.za
Thursday, September 22, 2016
Uitnodiging: AHI-Wes-Kaap Kongres 23 September
DAAR IS NOG 5 PLEKKE BESKIKBAAR VIR DIE KONGRES..... BESPREEK DRINGEND INDIEN JULLE BELANGSTEL !!!
Ontvang hiermee die Uitnodiging na die AHI Wes Kaap Kongres 2016 wat op 23 September 2016 te Rhebokskloof Wine Estate gaan plaasvind (padkaart aangeheg). Sien uitnodiging onderaan.
Vriendelike groete
Francis Nieuwoudt
AHI Weskaap Bestuurslid
Kontak no: 084 404 8995
Subscribe to:
Posts (Atom)


















