Bybelgenootskap Wes-Kaap Leierskapsontbyt
Spreker: Ds Nelis Janse van Rensburg, Moderator NG Kerk: Algemene Sinode asook Wes-Kaapland.
Daar is baie leiers, maar wat kwalifiseer iemand as ‘n goeie, rigtinggewende leier? Is dit die leier wat die meeste stemme trek? Of is dit ‘n leier wat mense se harte raak omdat goeie verhoudinge en integriteit die grondslag vorm?
Kom luister na ds Nelis Janse van Rensburg, ‘n kerkleier wat glo dat leierskap werklik ‘n verskil kan maak indien daar met Bybelse integriteit op alle vlakke van die samelewing omgegaan word. In ‘n samelewing waar heelwat mense versigtig is om helder te getuig, is dit vir hom in ‘n tyd soos nou ‘n getuienis dat Jesus Christus die Here is.
Datum: Vrydag 6 Mei 2016
Tyd: 08:00 vir 08:30
Plek: The Winery Restaurant by die USB, Belvillepark-kampus, Carl Cronjé-rylaan, Bellville. Ontbyt word bedien.
Slegs ‘n beperkte aantal sitplekke beskikbaar! Bespreek vroegtydig!
Tyd word ingeruim vir interaksie en besprekings!
KONTAK HEILA VAN WYK – LIAISON MEDIA
EPOS: heilavw.liaison@gmail.com SEL: 082 670 2968


