Thursday, April 21, 2016

AHI Aankondiging: Dins 19 April 2016

Die AHI is besig om ‘n groeifase te beleef.  Dit bring mee groter verantwoordelikhede, verpligtinge en opwindende geleenthede. 

Daarom is dit met genoeë om aan te kondig dat die Direksie besluit het om vanaf 18 April 2016 vir Mnr Theo van Wyk aan te stel as AHI Interim COO. Theo bly aan as Besturende Direkteur van ABCONN. Die beweegrede hiermee is ook om oor die volgende paar maande die AHI en sekere ABCONN aktiwiteite beter te belyn.

Ons verwelkom Theo hartlik as deel van die AHI span. Ons is verseker dat met sy jarelange betrokkenheid en ervaring by die AHI asook insig en kennis van die sakegemeenskap hy ‘n beduidende positiewe en konstruktiewe bydrae tot die uitbou van die AHI se missie gaan lewer.  Ons wens hom en die res van die span net die beste toe, en, ons sien met graagte uit na de verdere bou van ‘n nog sterker band tussen al die AHI strukture.

Vriendelike groete

ERNEST MESSINA 
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE