Monday, May 9, 2016

FW: 160601 Uitnodiging Algemene Jaarvergadering 1 Junie 2016 (2).pptx

 

Geagte lid of belangstellende

 

Ontvang hiermee ‘n Uitnodiging na ons Algemene Jaarvergadering wat op Woensdag 1 Junie 2016 om 19:00 te Paarl Stadsaal gaan plaasvind.

 

R S V P :  Voor 25 Mei 2016 asseblief.

 

Vriendelike Sakekamer groete

 

Francis Nieuwoudt

SEKRETARIS

 

E-pos: info@drakensteinsakekamer.co.za

Selfoonnommer: 084 404 8995

 

E-Mail Disclaimer: 

The information contained in this email and any of its attachments is confidential and subject to legal privilege of Drakenstein Sakekamer. It is intended solely for the intended recipient. If you are not the intended recipient, be advised that you have received this email in error and you may not under any circumstances disclose, copy, distribute, disseminate, forward, print or take action that relies on the content of this information. If you have received this email in error, please notify the sender and delete the material from any systems and destroy any copies.

 

 

 

 


This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com

 

Thursday, April 21, 2016

Netwerk Ontbyt te Vendome Estate


Geagte Sakekamerlid en belangstellende

Ontvang hiermee ‘n uitnodiging na ons Netwerk Ontbyt wat op Vrydag, 13 Mei 2016 om 08:00 te Vendome Estate, Paarl gaan plaasvind.

R S V P:  Voor 10 Mei 2016

Vriendelike Sakekamer groete

Francis Nieuwoudt
SEKRETARIS

Foon nommer: 084 404 8995

E-Mail Disclaimer: 
The information contained in this email and any of its attachments is confidential and subject to legal privilege of Drakenstein Sakekamer. It is intended solely for the intended recipient. If you are not the intended recipient, be advised that you have received this email in error and you may not under any circumstances disclose, copy, distribute, disseminate, forward, print or take action that relies on the content of this information. If you have received this email in error, please notify the sender and delete the material from any systems and destroy any copies.



AHI Aankondiging: Dins 19 April 2016

Die AHI is besig om ‘n groeifase te beleef.  Dit bring mee groter verantwoordelikhede, verpligtinge en opwindende geleenthede. 

Daarom is dit met genoeë om aan te kondig dat die Direksie besluit het om vanaf 18 April 2016 vir Mnr Theo van Wyk aan te stel as AHI Interim COO. Theo bly aan as Besturende Direkteur van ABCONN. Die beweegrede hiermee is ook om oor die volgende paar maande die AHI en sekere ABCONN aktiwiteite beter te belyn.

Ons verwelkom Theo hartlik as deel van die AHI span. Ons is verseker dat met sy jarelange betrokkenheid en ervaring by die AHI asook insig en kennis van die sakegemeenskap hy ‘n beduidende positiewe en konstruktiewe bydrae tot die uitbou van die AHI se missie gaan lewer.  Ons wens hom en die res van die span net die beste toe, en, ons sien met graagte uit na de verdere bou van ‘n nog sterker band tussen al die AHI strukture.

Vriendelike groete

ERNEST MESSINA 
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE

StrongmanRun 2016

Geagte vriende van StrongmanRun 2016 Paarl,

Gaan kyk gerus na ons facebook blad wat al aktief is:  https://www.facebook.com/fishermansfriendstrongmanrunsa/


Daar sal nog ‘n paar klein verstellings plaasvind maar sover lyk dit reeds opwindend.  Goeie advertensie vir Paarl?

Best regards/Vriendelike groete/ Freundliche Grüße/Wènhòu.

Dirk Breytenbach
Local Organizing Committee
Fisherman’s Friend StrongmanRun SA 2016
“We say NO to Racism”

Tel: 074 599 8996
Skype: dirkjbreytenbach




Avast logo
This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com

TRAMAKASSIE: ARTSCAPE OPERA SAAL, 1 MEI 2016

Beste Sakevriend,

Ons wil graag ’n besondere geleentheid onder u aandag bring om 'n ontspanne, genotlike, vrolike en inspirerende uur of wat met vriende, kollegas en/of kliënte by die Suidoosterfees se Artscape uitvoering van Tramakassie by te woon. Dalk kan u ook oorweeg om aan ‘n groep van u werknemers die geleentheid te bied om by te woon!

Die SUIDOOSTERFEES se erns met erfeniskuns word verder uitgebou met ‘n lekker Maleierkoor-konsert op 1 Mei om 17:00 in ARTSCAPE in die groot teater. Die oudste koor (die kore het uit sportklubs ontstaan) van die Kaapse Maleierkoorraad, die YOUNG MEN SPORTING KLUB SINGKOOR.  Hulle tower klanke van vergange dae op wanneer hulle meer vertel oor die tradisie van die Nederlandslied, moppies of ghoemmaliedtjies en die Afrikaanse ouliedere uitgevoer deur:   ‘n manne-koor van by die 60 man,   welbekende solosangers en nuwe juniors,  onder leiding van die bekende Alistair Izobel (onlangs medeverantwoordelik vir die hoogs suksesvolle "Remembering the Lux").  Die opvoering bring nuwe insigte in die ryke bydrae van die Kaapse Maleiergemeenskap vanaf 1657 aan die Kaap en die uitbou van die breë gemenebes van Afrikaans.

Van die Koorlede is sopas terug van ‘n suksesvolle optrede by die AKA fees in Nederland en het ook onlangs die gehoor op hulle voete gehad met 'n staande toejuiging vir hulle genotlike en inspirerende optrede by die openingsgeleentheid van die Suidooosterfees. Kaapse Produksies en medewerkers, onder leiding van Marike Bekker en Andre Lamprecht, het die eerste uitstalling ooit van die 78 jaar oue Maleier–Koorraad se elegante uitvoering en sang kultuur (oorspronklik gestig met die aansporingring van Dr ID du Plesis en Bennie Osler) by verlede jaar se Suidoosterfees gehad.  Ons is toe genooi vir n omvattende uitstalliing by Artscape se erfenis week vieringe.

Nou is daar Tramakassie, die eerste en unieke Musiekkonsert met n Koorraad Koorspan.  Daar is nou ‘n spesiale korting op blokbesprekings van 10 en meer besprekings (bv. 50 of 'n 100 kaartjies). Kaartjies is in pryskategorieë van R60, R80, R120 en R150 per kaartjie,  beskikbaar.

Kan ons solank die blokbespreking namens u doen?   Kontak asb. Lyndsay Kader by lyndsay.Cader@media.24.com   Lyndsay skakel dan met Computicket om betalingreëlings te tref.


Baie dankie vir u gewaarde ondersteuning!


Vriendelike groete

ANDRé LAMPRECHT