Thursday, April 21, 2016

StrongmanRun 2016

Geagte vriende van StrongmanRun 2016 Paarl,

Gaan kyk gerus na ons facebook blad wat al aktief is:  https://www.facebook.com/fishermansfriendstrongmanrunsa/


Daar sal nog ‘n paar klein verstellings plaasvind maar sover lyk dit reeds opwindend.  Goeie advertensie vir Paarl?

Best regards/Vriendelike groete/ Freundliche Grüße/Wènhòu.

Dirk Breytenbach
Local Organizing Committee
Fisherman’s Friend StrongmanRun SA 2016
“We say NO to Racism”

Tel: 074 599 8996
Skype: dirkjbreytenbach




Avast logo
This email has been checked for viruses by Avast antivirus software.
www.avast.com

TRAMAKASSIE: ARTSCAPE OPERA SAAL, 1 MEI 2016

Beste Sakevriend,

Ons wil graag ’n besondere geleentheid onder u aandag bring om 'n ontspanne, genotlike, vrolike en inspirerende uur of wat met vriende, kollegas en/of kliënte by die Suidoosterfees se Artscape uitvoering van Tramakassie by te woon. Dalk kan u ook oorweeg om aan ‘n groep van u werknemers die geleentheid te bied om by te woon!

Die SUIDOOSTERFEES se erns met erfeniskuns word verder uitgebou met ‘n lekker Maleierkoor-konsert op 1 Mei om 17:00 in ARTSCAPE in die groot teater. Die oudste koor (die kore het uit sportklubs ontstaan) van die Kaapse Maleierkoorraad, die YOUNG MEN SPORTING KLUB SINGKOOR.  Hulle tower klanke van vergange dae op wanneer hulle meer vertel oor die tradisie van die Nederlandslied, moppies of ghoemmaliedtjies en die Afrikaanse ouliedere uitgevoer deur:   ‘n manne-koor van by die 60 man,   welbekende solosangers en nuwe juniors,  onder leiding van die bekende Alistair Izobel (onlangs medeverantwoordelik vir die hoogs suksesvolle "Remembering the Lux").  Die opvoering bring nuwe insigte in die ryke bydrae van die Kaapse Maleiergemeenskap vanaf 1657 aan die Kaap en die uitbou van die breë gemenebes van Afrikaans.

Van die Koorlede is sopas terug van ‘n suksesvolle optrede by die AKA fees in Nederland en het ook onlangs die gehoor op hulle voete gehad met 'n staande toejuiging vir hulle genotlike en inspirerende optrede by die openingsgeleentheid van die Suidooosterfees. Kaapse Produksies en medewerkers, onder leiding van Marike Bekker en Andre Lamprecht, het die eerste uitstalling ooit van die 78 jaar oue Maleier–Koorraad se elegante uitvoering en sang kultuur (oorspronklik gestig met die aansporingring van Dr ID du Plesis en Bennie Osler) by verlede jaar se Suidoosterfees gehad.  Ons is toe genooi vir n omvattende uitstalliing by Artscape se erfenis week vieringe.

Nou is daar Tramakassie, die eerste en unieke Musiekkonsert met n Koorraad Koorspan.  Daar is nou ‘n spesiale korting op blokbesprekings van 10 en meer besprekings (bv. 50 of 'n 100 kaartjies). Kaartjies is in pryskategorieë van R60, R80, R120 en R150 per kaartjie,  beskikbaar.

Kan ons solank die blokbespreking namens u doen?   Kontak asb. Lyndsay Kader by lyndsay.Cader@media.24.com   Lyndsay skakel dan met Computicket om betalingreëlings te tref.


Baie dankie vir u gewaarde ondersteuning!


Vriendelike groete

ANDRé LAMPRECHT

Thursday, April 7, 2016

Leierskapsontbyt 6 Mei 2016 met ds Nelis Janse van Rensburg


Bybelgenootskap Wes-Kaap  Leierskapsontbyt

   Bybelse Integriteit vir Leiers in SA

Spreker:   Ds Nelis Janse van Rensburg, Moderator NG Kerk:  Algemene Sinode asook Wes-Kaapland.

Daar is baie leiers, maar wat kwalifiseer iemand as ‘n goeie, rigtinggewende leier? Is dit die leier wat die meeste stemme trek? Of is dit ‘n leier wat mense se harte raak omdat goeie verhoudinge en integriteit die grondslag vorm?

Kom luister na ds Nelis Janse van Rensburg, ‘n kerkleier wat glo dat leierskap werklik ‘n verskil kan maak indien daar met Bybelse integriteit op alle vlakke van die samelewing  omgegaan word. In ‘n samelewing waar heelwat mense versigtig is om helder te getuig, is dit vir hom in ‘n tyd soos nou ‘n getuienis dat Jesus Christus die Here is.

Datum:    Vrydag 6 Mei 2016
Tyd:          08:00 vir 08:30
Plek:        The Winery Restaurant by die USB, Belvillepark-kampus, Carl Cronjé-rylaan, Bellville. Ontbyt word bedien.

Slegs ‘n beperkte aantal sitplekke beskikbaar!  Bespreek vroegtydig!
Tyd word ingeruim vir  interaksie en besprekings!

KONTAK HEILA VAN WYK – LIAISON MEDIA
EPOS:  heilavw.liaison@gmail.com                   SEL:  082 670 2968

            

Tuesday, April 5, 2016

AHI + ABCONN Voordele aan Sakekamers en Lede


Alle Provinsiale Voorsitters
          Sakekamer Voorsitters

Soos tydens die afgelope Ahi Provinsiale Raadvergadering meegedeel, was verskeie inisiatiewe onlangs onderneem om ‘n stel van uitgebreide voordele aan Sakekamers en hul lede beskikbaar te stel. Die blootstelling op beide die Ahi- en Abconn webbladsye word kortliks op die meegaande dokument uiteengesit en bied uitstekende voordele aan bestaande en voornemende sakekamerlede.
Vir die AHI om meer effektief te wees in die bediening van die lede is dit nou al meer belangrik om gedetaileerde inligting oor lede te hê. 
In ‘n ontmoeting die maand met Naspers se Voorsitter, Koos Bekker, het hy hulp aan die AHi aangebied om lede se vaardigheid en kennis te help opskerp deur spesifieke intervensies vir sekere sektore te ondersteun - dit is ‘n verdere rede waarom ons inligting moet verkry.

Die volgende stap is dus om te verseker dat alle Sakekamers en hul lede op die onderskeie webbladsye gelaai word en sal dit waardeer word indien die opgedateerde inligting ten opsigte van elke Sakekamer en hul lede volgens meegaande templaat aan lorraine@ahi.co.za voorsien sal word.

U samewerking om die inligting te voorsien teen nie later nie as Vrydag, 15 April 2016, word hoogs waardeer.

Groete

Ernest Messina


Tuesday, March 1, 2016

ESKOM ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT


 Dear Interested and Affected Party

As a registered stakeholder, the Environmental Assessment Practitioner (EAP) (GIBB) wishes to advise you of the availability of the Final EIA Report (EIR) for review and comment from Friday, 04 March 2016 to Thursday, 12 May 2016 (a period of 60 days).  As such the Final EIR (hard copy and CD) will be available at public venues, grouped per province, as detailed on Page 3 of the attached letter. Please note:

Comments must be submitted directly in writing to the Department of Environmental Affairs at:
Name:
Department of Environment Affairs
Contact person:
Mr Wayne Hector
Address:
Private Bag X447, Pretoria, 0001
Tel:
012 399 8535
Fax:
012 359 3632
E-mail:









Although the principal point of submission of comments is directly to the Department of Environmental Affairs,  comments must be copied to the EAP at:

By mail:           GIBB Public Participation Office, Nuclear-1 EIA, P O Box 35007,
                        Menlo Park, 0102
By fax:              012 348 5878
By email:          nuclear1@gibb.co.za/ nuclear-1@gibb.co.za

The Final EIR is also available on the following websites:


All registered Interested and Affected Parties and Key Stakeholders will be notified of the decision by the Department of Environmental Affairs on the Application for Environmental Authorisation.

In closing, on behalf of the EIA Team, again we should like to thank everyone who has participated in the EIA process to date and those who will take further time to review the Final EIR and submit comments.

Yours sincerely

The GIBB Nuclear-1 Public Participation Officer