AANDAG ALLE VOORSITTERS/SEKRETARISSE
Die Ahi Wes-Kaap is besig met baie opwindende nuwe verwikkelinge. Dit blyk dat daar ʼn leemte is, vanaf die Sakekamers om inligting van hul onderskeie dorpe, te versprei na ander Sakekamers. So ook Projekte waarmee daardie onderskeie Sakekamer besig is. Om dit ʼn sukses te maak, word lede van die publiek (voete) by so ʼn geleentheid/Fees benodig. Ons is tans in die proses om ʼn kwartaalikse Nuusbrief op die been te bring waar al hierdie inligting versprei kan word. Die idee is om dit later ʼn maandlikse Nuusbrief te maak. Dit sal slegs in elektroniese formaat wees. Om egter hierdie Nuusbrief ʼn sukses te maak moet ons die inligting vanaf die Sakekamer kry, daar sonder sal ons nie ʼn Nuusbrief kan begin nie...
Stuur asb. Dringerd al jul nuuste, warm Nuus....self daardie "skindernuus" van een of ander glansryke persoon, wat jul dorp besoek het. Mnr.Deon Terblanche, Bestuurslid, maar ook Voorsitter van Mosselbaai Sakekamer gaan die Nuusbrief hanteer. Gelukkig is Deon ook ʼn prokureur en ons skakelpersoon met die Media in die Wes-Kaap, dus sal ons darem nie sommer gedagvaar of in Die Son beland nie. ☺
Ons wil graag voor die Kongres (22/23/6/2015) ons eerste Nuusbrief uit hê. Dus het jul nie baie tyd nie. Die redaksie moet nog alles nagaan en uitlê. Stuur asb. al jul nuus. Daar moet sooooo baie Nuus deurkom dat ons later verplig sal moet wees om ʼn sperdatum aan te koppel. Indien u nie seker is wat in die Nuusbrief kan verskyn en wat nie, kontak my gerus en ons maak ʼn plan.
Lekker week vir u almal...en kry maar uit daardie sjerrie. Die Kaap van Storms is stadig maar seker besig om sy naam gestand te doen!!!
Vriendelike groete.
Leonie Van Der Merwe
KANTOORBESTUURDER
AHI WES-KAAP
Posbus 6171, Tygerberg, 7536 Bellpark 3A, h/v Durban &
Tel: 021 823 6713 De Langestraat, Bellville, 7530
Sel: 074 960 2039 www.ahiwp.org.za
E-pos: info@ahiwp.org.za




