Geagte Voorsitters
Hoop dit gaan nog goed met almal. "n Baie geseënde en voorspoedige 2017 vir u, familie en besigheid.
So met die intrap waar goeie wense oorgedra word vir 2017, is daar alreeds baie van ons lede wat groot verliese gely het vroeg in 2017. Die brande regoor die Wes-Kaap het groot verwoesting gesaai aan eiendom, landbou asook lewensverlies.
Stilbaai Sakekamer het ʼn versoek gerig tot die AHi Wes-Kaap om te help met ʼn finansiële bydrae. Aangesien Stilbaai area as ʼn rampgebied verklaar is agv.die brande wil die AHi Wes-Kaap Sakekamer ʼn dringende versoek rig tot al die Sakekamers om ʼn bydrae te maak waar moontlik. Paarl Sakekamer het alreeds die inisiatief geneem om in hul area die Brandweer met donasies te help, asook die persone wat verliese gely het. Baie dankie Paarl Sakekamer. Al is die bydrae hoe klein, dit maak nie saak nie, saam kan ons ʼn verskil maak. Glo my, vir diegene wat die bydraes ontvang is dit miljoene werd.
Indien u ʼn donasie wil maak, betaal dit asb.in die AHi Wes-Kaap se rekening met die verwysing: BRAND. Alle donasies sal dan in 1 betaling oorbetaal word aan Stilbaai Sakekamer wat dit weer sal oorbetaal in die Rampfonds wat gestig is. Smit Prokureurs Ingelyf sal die Rampfonds bestuur.
AHI Wes-Kaap
ABSA: 4075892498
Verw: BRAND
Voorspoedige week. Moontlik val die reën die week☺
Leonie Van Der Merwe
KANTOORBESTUURDER
AHI WES-KAAP
Posbus 6171, Tygerberg, 7536 Bellpark 3A, h/v Durban &
Tel: 021 823 6713 De Langestraat, Bellville, 7530
Sel: 074 960 2039 www.ahiwp.org.za
E-pos: info@ahiwp.org.za
