Middag Lede
Net 'n herinnering dat die Sakemaker, in samewerking met die Museum en die Moorreesburger hiedie jaar weer die OESDAG aanbied wat by die museum se gronde gehou sal raak. Sien asb uitnodiging aangeheg.
Dit gaan 'n heerlike dag wees met 'n lekker pretloop onder leiding van Thomas Electric, 'n Biertent en kos verkope. Die Sakekamer hou ook by die geleentheid hulle beroemde ''Potjie met 'n Twist".
Potte beskikbaar is as volg:
Seekos
Hoender
Skaap
Pot kaartjies sal R40 beloop en kan vooraf by die volgende plekke gekry raak:
Boland Diesel @ Ennerien
Museum @ Tania
Toerisme @ Christine
Overberg Agri @ Babsie
Desert Rose Padstal @ Sonia
Daar sal ook op die dag 'n paar kaartjies beskikbaar wees, maar moet asb nie wag tot dan nie. Daar is net 'n aantal beskikbaar.
Graag nooi ons U almal uit om ons te ondersteun en die dag saam met ons te kom geniet :)
Ennerien Aucamp
Sekretaresse: MOORREESBURG SAKEKAMER
Tel nr: 084 307 3855
