Geagte Sakekamerlid
Akademia Sakeplankompetisie – sluitingsdatum 30 Julie
Hierdie is ‘n vriendelike herinnering aan die Akademia Sakeplankompetisie se sluitingdatum op 30 Julie 2015.
Huidige of voornemende besigheidseienaars kan deelneem in een van twee afdelings, te wete Nuwe Sake
(vanaf konsep tot 1 jaar handeldrywend ten tye van inskrywing) of Bestaande Sake (tussen een en vyftien jaar
ten tye van inskrywing), en so ‘n kans staan om te deel in pryse van meer as 1.2 miljoen rand!
Registreer op die webblad www.sakeplankompetisie.co.za, kies die afdeling waarvoor jy wil registreer, en vul
vyf maklike vrae oor jou onderneming in, en laai dit op voor 30 Julie 2015 om te kwalifiseer.
Lees meer deur op die prentjie hierbo te kliek, of besoek ons webblad www.sakeplankompetisie!
Maak jou besigheid meer volhoubaar deur jou inset en waarde daarin beter te verstaan!
Kom maak jou plan!
Vriendelike groete
Chris du Plessis
Akademia Sakeplankompetisie
