Geagte voorsitters van sakekamers, provinsiale en nasionale raadslede, voorsittersforum
Die AHi het vandag met verteenwoordigers van CoGTA ontmoet insake die weg vorentoe. Vanaf die AHi se kant het ons die bydrae van sakekamers beklemtoon om plaaslike regering te maak werk, maar dat sekere munisipaliteite nie dieselfde welwillendheid toon nie. CoGTA het ingestem om ons in die verband behulpsaam te wees en meer besonderhede rakende hierdie strategie sal weldra aan u gekommunikeer word.
Die volgende word egter van u versoek:
- Sakekamers word versoek om inligting aangaande alle aktiwiteite en projekte wat hulle in samewerking met munisipaliteite van stapel gestuur het aan Charl du Plessis by charl@ahi.co.za te stuur. ʼn Omvattende verslag wat ook foto's, finansiële bydraes en ander inligting (wanneer die projek begin en dit beëindig is) bevat sal waardeer word. Doen dit asb. in Engels aangesien ons dit graag aan die Minister van Plaaslike Regering wil voorlê.
U samewerking word waardeer.
Groete
Christo Owen van der Rheede
Uitvoerende Hoof / Chief Executive Officer
Tel: (+27) 12 348 5440; Sel: (+27) 83 380 3492; Faks: (+27) 12 348 8771; Web: www.ahi.co.za
