Tuesday, May 26, 2015

FW: Weskus Sakekamer - "Red Dust Revolution" - 27 Mei 2015 om 18:00 te Dial Rock Saal, Saldanha

Sien asb aangeheg vir u aandag.

 

Dankie

 

Vriendelike Groete,

 

Gerda van Zyl

Administratiewe Beampte

 

 

 

 

 

 


Posbus 144, Vredenburg, 7380

Tel: (022) 715 1968

Faks: 0866 98 3334

E-pos: info@weskussakekamer.co.za

Webtuiste: www.weskussakekamer.co.za

 

Friday, May 22, 2015

FW: Like ons FB blad en stuur aan vir vriende/kennisse

Goeiemiddag alle nuwe en bestaande lede en oud-lede

Sluit asb aan by ons nuwe FB blad (dankie Adriaan) en plaas nuus, gebeure, mooi fotos en ander opwindende dinge wat in die Helderberg gebeur daarop dat ons kan groei en die res van die Wes-kaap en wyer bewus kan maak van wat hier in ons mooie area aan die gang is!

 

'Copy" die "link" hier onder in jou "browser" 

https://www.facebook.com/groups/HelderbergSakekamer/

 

Groete

 

Cecile du Preez
HELDERBERG SAKEKAMER Sekretaresse
 
(021) 853 7611
(082) 8159243

Monday, May 18, 2015

FW: Uitnodiging na Akademia Sakebestuur werkswinkel op Woensdag 27 en Donderdag 28 Mei

Ek stuur graag vir jul die uitnodiging deur vir die tweedag Sakebestuur werkswinkel wat deel uitmaak van die groter Akademia Sakeplankompetisie.

 

Lede van die Sakekamer kan in aanmerking kom vir ʼn afslag van R300 vir die tweedag seminaar.

 

 

 

Geagte Sakekamer lid

 

Uitnodiging na die tweedag Akademia Sakebestuur werkswinkel op 27 en 28 Mei

 

 

Akademia en vennote nooi u as bestaande of voornemende klein / medium sake-eienaar na ʼn uitmuntende geleentheid van groei vir u

en u besigheid. Kenners in hul velde kom fasiliteer die verskillende aspekte van entrepreneur wees in besigheid, asook die verskeie velde

waaruit besigheid bestaan en waarin u besigheid homself bevind. Aspekte wat gedurende hierdie twee dae gedek word, sluit in:

Dag 1

Dag 2

1. Die karaktereienskappe van die entrepreneur self,

1. Kontantvloeibestuur.

2. idee en ideevorming,

2. finansiering,

3. bemarking en verkope, en

3. belastingaspekte,

4. risiko identifisering en bestuur!

4. regsaspekte rondom jou onderneming, en

5. personeel – hoe om die regte mense op die bus te kry.

 

Hierdie nie-winsgewende inisiatief om ons sakemanne en -vroue en hul besighede meer volhoubaar te maak, vind in die Akademia

studiesentrums in Bellville, asook Somerset-Wes plaas op 27 en 28 Mei 2015. Koste vir beide dae se bywoning is slegs R900, en sluit

u sitplek, alle kursusmateriaal, etes en verversings in. Bespreek vandag nog jou sitplek by www.sakeplankompetisie.co.za.

Let wel, jy hoef nie aan die kompetisie deel te neem om die werkswinkel by te woon nie!

Sien daarna uit om u daar te ontmoet!

Vriendelike groete

Chris du Plessis

Hoof van Bemarking

Akademia

sakeplan@akademia.ac.za

 

 

 

Thursday, May 7, 2015

Goeie Middag

 

Ek heg die nuutste opgradeerde Sakekamerlys met die kontakbesonderhede van die voorsitter en Sekretaris vir u aandag aan.  Kontroleer asb.of u sakekamer se besonderhede korrek is alvorens ek dit na AHI Nasionaal stuur.  Sommige Sakekamers het nou alreeds hul jaarlikse AJV gehad.  Verskeie versoeke is gerig om hierdie kantoor in kennis te stel, ook indien die bestuur nie verander het nie.  Ek het betreklik min terugvoering gekry.  Doen asb.die moeite en kontroleer die inligting.

 

Leonie Van Der Merwe

KANTOORBESTUURDER

AHI WES-KAAP

 

Posbus 6171, Tygerberg, 7536              Bellpark 3A, h/v Durban &

Tel: 021 823 6713                                    De Langestraat, Bellville, 7530

Sel: 074 960 2039                                    www.ahiwp.org.za

E-pos: info@ahiwp.org.za