Friday, March 13, 2015

WBF's AHI News Digest is out! Edition of 13 March 2015

 
WBF's AHI News Digest
Published by
Worcester Business
13 March 2015
Leisure Science Environment Business #bluegreengibs
 
Today's headline
AGENDA - NASIONALE RAAD MAART 2015.pdf
thumbnail www­.dropbox.com - Are you sure you want to unshare ? Once it's unshared, nobody else will be able to view it.
 
Advertisement
Advertising is hard
We do it all day. Let us teach you what we've learned. Learn how the experts market their startups. Grab the free ebook.
 
 
2 contributors - featured today:
 
 
Read paper →
 

Email powered by logo


If you have not requested this notification or wish not to receive paper notification updates in the future unsubscribe here.

We are committed to protecting your privacy - more on our Privacy Policy.

Smallrivers SA, Innovation Park EPFL, Building C, 1015 Lausanne, Switzerland

Tuesday, March 10, 2015

FW: Insake vestiging van Toerisme Inligtingsentrums by Sakekamers

 

 

 

Aan alle Sakekamervoorsitters

 

Die AHi in samewerking met die AHi-Toerismekomitee doen hiermee navraag by alle sakekamers oor die uitbou van Toerisme Inligtingsentrums in samewerking met sakekamers. Talle sakekamers beskik reeds oor  Toerisme Inligtingsentrums, maar daar is ook talle wat nie oor die funksie beskik nie.

 

Dui asb. aan of u reeds oor so ʼn Toerisme Inligtingsentrums beskik of nié en óf dit deur die sakekamer beheer word. Inligting moet aan Fanie Terblanche by info@pridesafaris.co.za gestuur word voor of op Woensdag 11 Maart 2015. Fanie dien op die AHi-Toerismekomitee

 

Baie dankie

 

 

Christo Owen van der Rheede

Uitvoerende Hoof  / Chief Executive Officer

 

Tel:  (+27) 12 348 5440; Sel:  (+27) 83 380 3492; Faks:  (+27) 12 348 8771; Web:  www.ahi.co.za

 

 

 

FW: LEDEVERGADERING DINSDAG 17 MAART 2015

Indien enige iemand belangstel

Monday, March 9, 2015

FW: Provinsiale Werkwinkel Uitnodiging

Sien asb. Aangeheg die kennisgewing van die werkswinkel op 18 April 2015 te Bellville. 

 

FW: AHi aktiwiteite vir die week wat voorlê - 13 Maart 2015

Sakekamer van die Wes-Kaap moet asb.sover moontlik teminste twee lede stuur na die werkswinkel  op 18 Maart 2015 te Bellville.

 

Beste Lede

 

Hiermee ʼn kort opsomming van die AHi se doen en late vir die week:

 

-       Die AHi bestuur en arbeidskenners het verlede week met BUSA se NEDLAC-verteenwoordiger gemoeid met  arbeidsaangeleenthede ontmoet. Die ontmoeting het spesifiek gehandel oor die reg van ʼn AHi lid om deur ʼn ander lid by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verteenwoordig te word. Terwyl werkersunies se lede deur vakbondverteenwoordigers tydens KBVA verhore bygestaan word, word hierdie reg vir werkgewers toenemend deur reëlwysigings ondermyn. Vorige wysigings is suksesvol deur die AHi in 2012 afgeweer. Sien hofuitspraak by http://www.saflii.org/za/cases/ZALCJHB/2012/111.pdf. Die AHi hou op u op hoogte van alle besluite en vordering in die verband en die regsopsies wat oorweeg word. Na ons mening is kleinsakeienaars se grondwetlike reg tot die keuse van verteenwoordiging by die KVBA, die reg tot vrye assosiasie en toegang tot effektiewe en beskostigbare regsdienste in gedrang. Aan die een kant maak die NOP, Staatsrede en Begrotingstoespraak 'n groot gewag van entrepreneursontwikkeling, aan die ander kant word kleinsakeieienaars gebombardeer met drakoniese arbeidswetgewing en reëlwysigings. Ons hou u op hoogte van ons planne om hierdie teenstrydighede tot op die hoogste vlak te takel.

-       Die AHi se kongrestema vir hierdie jaar behels die volgende: Die rol van besigheid in plaaslike regering en plaaslike ekonomiese ontwikkeling. Verdere subtemas wat hiermee verband hou is infrastruktuurontwikkeling (paaie, water, sanitasie, elektrisiteit), hernubare energie, benefisiëring/waardetoevoeging van plaaslik ontginde hulpbronne, opleiding en onderwys en netwerking op politieke en besigheidsvlak. Die AHi moedig alle provinsies aan om provinsiale kongresse dienooreenkomstig met hierdie tema te belyn. ʼn Werkswinkel in die  verband word vir 18 Maart 2015 om 12h00 tot 17h00 by die Lokaal 103, Vlak 1, JG van der Horst Gebou, SPL – Universiteit van Stellenbosch Bellville Kampus beplan.

-       Die AHi se Nasionale Raadsvergadering en Netwerkfunksie word vir Donderdag 19 Maart 2015 in Kaapstad beplan. Die raadsvergaderinge vind by Sanlam Beleggingsbestuur te Wille van Schoorlaan 55, Bellville plaas en die spreker by die netwerkfunksie later die aand is Lizé Lambrechts, die nuwe hoof van Santam. Sien agenda aangeheg. Sien agenda aangeheg.

-       Die AHi het verlede week met Eskom ontmoet en ʼn in-diepte gesprek gevoer. Daar is ʼn duidelike besef dat beurtkrag ʼn uiters negatiewe impak het op kleinsake en dat Eskom alles in hul vermoë behoort te doen om dit te beperk en ʼn omvattende strategie met die beste mensekapitaal in plek van stapel moet stuur om die ligte aan die gang te hou. Sien aanhangsels in plek wat aan alle sake-eienaars gestuur moet word wat  by u sakekamer  geaffilieer is.

-       Die AHi Uitvoerende Hoof tree hierdie week op as gasspreker by Mosselbaai en George sakekamers op en woon ook die AHi-Vrystaat se provinsiale byeenkoms in Bloemfontein komende Vrydag by.

-       Ander aktiwiteite vir die week behels bywoning van BUSA se menslike hulbronne-komiteevergadering in, ʼn gesprek met die bestuur van SACCI en met van ons korporatiewe lede soos ABSA.

-       AHi lede wat in kontak met regeringsdepartemente en ander instellings wil kom kan hierdie nuttige skakel vir die doel benut: http://www.gcis.gov.za/content/resourcecentre/contactdirectory.

-       Die AHi het ook vergaderings met die volgende handelsmissies en ons nooi lede uit om dit by te woon. Egiptiese en Italiaans-Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Industrie.  

 

Mediaskakels van die afgelope week wat met AHi standpunte verband hou:

 

-       AHi verteenwoordig BUSA by Kleinsake Portefeuljekomitee in Parlement -  http://www.gov.za/speeches/committee-vows-transform-retail-sector-25-feb-2015-0000

-       AHi voorstelle aan Portefeuljekomitee vir Kleinsake in Parlement - https://pmg.org.za/committee-meeting/20068/

-       AHi verklaring op SAPA- http://www.link2media.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=27821&Itemid=12

-       UH op RSG Spektrum – insake verlaagde oesskattings vir somergewasse en die impak daarvan op besigheid, Vrydag 6 Maart 2015

-       UH in Beeld - http://www.netwerk24.com/stemme/2015-03-06-sa-politieke-leiers-bly-in-vlak-water?vc=aaae3fb0f23471e58a54e979ca50a8ec

 

Groete

 

 

Christo Owen van der Rheede

Uitvoerende Hoof  / Chief Executive Officer

 

Tel:  (+27) 12 348 5440; Sel:  (+27) 83 380 3492; Faks:  (+27) 12 348 8771; Web:  www.ahi.co.za